Die Tuinier Tydskrif

Betaal my terug!

Die gevoel dat ek emosioneel ingedoen is het begin net na‘n telefoongesprek met my suster. Tydens een van haar slapelose periodes het sy afgekom op ‘n koerantartikel wat ek geskryf het oor die kanniedood skoonma-se-tong. Ek het glo gesê dat dit bykans onmoontlik is om hierdie Afrika-ikoon wat‘n gewilde huisplant is, te laat vrek. Daar was trane in haar stem toe sy gebel het om my in te lig dat ek mense mislei omdat sy haar baie duur Sansevieria trifasciata doodgemaak het. Blykbaar het die plastiekweergawe wat sy daarna by‘n huiswinkel aangeskaf het, haar nog baie meer gekos. Sy reken die plant, en ek, het haar verneuk!

Wel, relatief tot haar verander na . Ek gee nie om wanneer dit gebeur het nie, ek het net ‘n moedelose gevoel gekry dat die aanhoudende naamsveranderinge van botaniese genera op my ouderdom een te veel geword het vir my! Besef hierdie botaniese intellektuele dan nie dat dit ‘n mens jarelank vat om die universele Latynse name van plante te leer, sodat dit, eerder as die verwarrende volksname gebruik kan word nie? Navorsing het my vertel dat die plant aanvanklik na ‘n persoon vernoem is en al meer as 200 jaar gelede, alhoewel daar nog altyd debat daaroor gevoer is. As gevolg van monekulêre ontdekkings en DNS-toetsing is dit nou herklassifiseer.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Die Tuinier Tydskrif

Die Tuinier Tydskrif1 min read
Die Tuinier Tydskrif
Redakteur Tanya Visser Assistentredakteur Anna Celliers Proses-en Bedryfsbestuurder Cindy May Wang Artikelredakteur Wendy Moulton Redaksionele koördineerder Vivienne van Biljon Teksredakteur Dinnie Gildenhuys Ontwerp Gillian O’Donoghue, Wendy Moulton
Die Tuinier Tydskrif1 min read
Skoenlappertuinmaak
Buiten die estetiese aantrekkingskrag, dien skoenlappertuinmaak ook as ʼn opvoedkundige platform vir kinders en is ekologies belangrik. Skoenlappers in jou tuin dui op die skakel met die plaaslike ekostelsel, en die vestiging van ʼn skoenlappertuin kan
Die Tuinier Tydskrif1 min read
Maankalender
Tuinmaak volgens die maansiklusse is h eeueouestelsel wat deurkostuiniers beoefen word vir hoofsaaklik die kweek van saad, bolle ofwortels. Spesifieke daelei tot suksesvolle ontkieming en hoer opbrengste, wat deurslaggewend is vir sowelbestaansboere

Related