Landbouweekblad

Wat eet ons vanaand?

BEESVLEISLASAGNE

Egte Italiaanse bolognese word ure lank stadig geprut om die ryk tekstuur daaraan te gee. Jare gelede het ek ’n Italiaanse kookkursus bygewoon waar die sjef vir ons ’n onkonvensionele kortpad gewys het as jy ’n ryk en fluweelagtige bolognese in die fraksie van die tyd wil maak. Die geheim? ’n Paar lepels hoenderlewerpatee. Dit klink dalk vreemd, maar dis ’n kombuiskortpad wat ek gereeld gebruik. Die sous is perfek om lasagne mee te maak of oor enige pasta te skep. Boonop vries dit goed.

Vleissous

■ 30 ml olie■ 1 ui, gekap■ 2 knoffelhuisies,■ 500 g maalvleis■ 15 ml worcestersous■ 15 ml tamatiepasta■ 1 blik (410 g) gekapte tamaties■ Tamatieblik vol water■ Sout, varsgemaalde swartpeper en suiker■ 5-10 ml gekapte vars of 3 ml droë oreganum■ 45 ml klaargemaakte hoenderlewerpatee

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit

Related