KOP OP ’N BLOKKIE
TOE ek ’n kind was, het ek so ’n hand-me-down-tassie met Lego gehad waarmee ek gespeel het. Dit was ’n bokstassie van karton wat eers my broer s’n was. Dit het my suster se tassie geword, en toe dit klaar hare was, word dit myne. So het ek die tassie vol stukkies Lego gehad waarmee ek gespeel het.
Lego is ’n statussimbool, ’n monetêre simbool. Die kinders wat Lego gehad het, was die kinders wat meer welaf was.
Noudat ek ouer is, het ek die appelkar heeltemal omgegooi, want ek spandeer nou duisende rande aan Lego.
Ek en my lewensmaat, Lelanie du Preez, het ’n wat so groot is soos ’n koffietafel. Ons het ’n boutiquehotel, ’n Jeep, ’n Mustang, ’n boekwinkel, ’n tikmasjien. Dit is ’n belaglike hoeveelheid geld vir al daardie Lego.
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days