1 KONING, KONING, MAG EK OP REIS GAAN?
’n Koning word gekies. Hy staan ’n hele ent van die ander spelers af, wat in ’n lang ry staan en na hom kyk.
Die kinders vra op die ry af vir die koning: “Koning, koning, mag ek op reis gaan?”
Die koning antwoord ja of nee na gelang van hoe hy voel. As hy jasê, kry sy onderdaan ook sy reisvoorwaardes: “Jy mag op reis gaan met twee paddaspronge/drie spoege ver/’n skêrsprong/twee wawiele ...”
Die een wat eerste by die koning uitkom en aan hom raak, is die volgende koning.
2 BLIKASPAAI
Dis ’n variasie van wegkruipertjie en is veral geskik vir die aand, wanneer