Weg!

Pure kameeldoringkalmte

GESKIEDENIS

Die storie van Mokala begin eintlik by ’n ánder park, die Vaalbos-nasionale park. Vaalbos is in 1986 geproklameer en het sowat 22 000 ha beslaan teen die Vaalrivier, wes van Kimberley. In 2002 is die grond ná ’n suksesvolle grondeis onteien en ’n nuwe heenkome moes vir die diere gevind word. SANparke het toe plase van Wintershoek, ’n groot wildplaas en jagonderneming, gekoop. Hierdie grond (19 611 ha), suidwes van Kimberley, is in Junie 2007 amptelik as die Mokalanasionale park geproklameer en vir die publiek geopen. Die wild is in 2006 verskuif.

Ek weet wat mense dink wanneer hulle lees: “dit is ’n plek wat jou weer die kleiner dingetjies in die natuur laat waardeer”. Want ek dink dit ook: Die arme drommel het niks interessants gesien nie.

Tog is dit wat in Mokala gebeur. Jy raak opgewonde wanneer ’n klein bende tarentale na die watergat toe kekkel, want jy weet daar gaan nie ’n leeu of jagluiperd opdaag om hulle kollig te steel nie. (Die enigste lede van die Groot Vyf-klub wat hier hou, is die buffel en die witrenoster.)

Dit was ongelooflik groen toe ek laat in Januarie 2022 Mokala binnery. Met my vorige twee besoeke was hierdie deel van die Noord-Kaap uiters droog en in ’n stadium was daar selfs lusernbale vir die wild uitgesit. Die afgelope twee jaar het die park baie reën gehad. Alles

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Die aanloklike Langeberg
Wanneer ’n mens na ’n kaart van die Wes-Kaap kyk, krul die Langeberg soos ’n skalkse glimlag oor die landskap. Dié gebergte – deel van die Kaapse Plooiberge – strek van Worcester in die weste oor nagenoeg 170 km tot by Riversdal in die ooste. Sy suid
Weg3 min read
Stap Teen Jou Eie Pas
Laat in Maartmaand was Jasmin Paris se foto oral in die media. Die een waar sy sommer met haar rugsak nog vasgegord inmekaargesak het. Haar bene is die ene skrape en modder, haar hare hang in sweterige slierte om haar gesig en dié spreek van ’n uitpu
Weg8 min read
’n Sagter benadering
Die lees van die woord “wildernis” vuur in baie stappers se gemoed ’n noodfakkel af. Hulle hou van stap en buite wees, maar soek sekere geriefies: ’n hut, spoeltoilet, gemerkte roetes… daai soort ding. Dit skep die verwagting dat jy deur digte plante

Related