Kuier

DAPPER SEUN DRUK DEUR

“Moet nooit die krag van ’n desperate moeder se gebed onderskat nie.”

Só verklaar Tasneem Swartz (33) van Parow in die noordelike voorstede van Kaapstad nadat haar seun, Abdul Hakim Mdumbo (5), amper vier jaar gelede byna verdrink het.

Dokters het geen hoop gehad vir sy herstel nie en Abdul Hakim se familie is aangesê om hulself voor te berei op die ergste. Abdul Hakim het al in sy jong lewe twee keer by die dood omgedraai weens dié ongeluk. Maar hy het ’n biddende ma wat sonder ophou sal veg vir hom, al voorspel wie wat. En nou sit Tasneem met ’n hart vol dankbaarheid langs haar Abdul Hakim, wat ná sy byna-verdrinking nie meer kan loop of praat nie, maar hy het sy manier van kommunikeer. Maar Abdul Hakim léwe, en dit opsigself is ’n groot wonderwerk.

VERDRINK AMPER

In Oktober 2018 het Abdul Hakim (toe twee) by hul Parow-huis in die swembad geval. Die byna-verdrinking het hom in ’n verlamde toestand gelaat en die eens aktiewe seun kon nie eens reageer op enige klanke of prentjies nie. Tasneem het egter geweier om op te gee.“Ek het nie een keer opgegee op my kind nie. Ek het hand en tand geveg vir sy oorlewing. As ek na dokters geluister het, glo ek

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier3 min read
Laat Kollageen Só Vir Jou Werk
Ai, as daar maar net ’n pilletjie was wat kon keer dat ek ouer begin lyk. Dalk het jy al voor die spieël gestaan en dié woorde gedink. Kollageen is dalk net dié wondermiddel, as jy die bekendes en influencers kan glo. Sommige vertel dit help onder me
Kuier1 min read
Luister Dít
Beskikbaar op Spotify, Apple Music of enige podcast-app Dis ’n podcast oor al die vreemde dinge wat vandag en destyds gebeur het, wat jou soos Tyla gaan laat sê: “What the heck!?” In elke episode kry jy die jongste, vreemdste nuus gemeng met wilde hi
Kuier1 min read
Fotoblokraai
NR. 314 SAAMGESTEL DEUR: PENPRET FOTO'S: CORRIE HANSEN, SHARON SERETLO EN INSTAGRAM/@LAURIKARAUCH ■

Related