Huisgenoot

EK VOEL JOU PYN

TOE DIE MAN STERF, WAS DIT ASOF JOEL SE EIE ORGANE TOT STILSTAND KOM

TOE Joel Salinas in 2007 in ’n mediese opleidingskool in Miami was, is ’n noodgeval by die hospitaal aangemeld waar hy met sy eerste week van opleiding besig was – ’n hartstilstand.

Joel het met sy aankoms ’n man in die gang aangetref en ’n verpleër was besig om borskompressies te doen. Terwyl hy na die man gestaar het wat op die vloer wriemel, het Joel ’n skerp drukking op sy eie bors ervaar. Hy het gevoel asof sy liggaam meegee; hy het die harde linoleum teen sy rug gevoel en die sensasie van die buis wat in sy keel afgedruk word.

Toe die man sterf, was dit asof Joel se eie organe tot stilstand kom; asof hy ook gesterf het. Hy het homself gedwing om asem te haal, badkamer toe gegaan en summier opgegooi.

Die uitdrukking “ek voel jou pyn” is ’n sêding wat ons gereeld so half terloops gebruik, met wisselende grade van opregtheid, maar in Joel Salinas se geval is dit verskriklik en ontsettend gepas.

Die 38-jarige Joel het ’n toestand genaamd sinestesie met spieëlaanraking, wat beteken hy voel die fisieke sensasie van aanraking wanneer hy dit in ’n ander persoon waarneem. En dis nie net pyn of ongemak nie; dit kan die gevoel van wol op die vel wees, of ’n bril op die brug van ’n neus, selfs aknee op die gesig.

Joel het inderwaarheid ’n polisinestesie, wat beteken dat hy verskeie vorme van sinestesie het. Sinestesie is ’n vervaging van die sintuie. By sommige mense met die toestand word beweging as klank, musiek as

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Ons Vriendskap Voor En Agter Die Skerms
TOE hulle hoor hulle gaan saam in ’n kortfliek verskyn, het hulle eers ’n bietjie “uitgefreak van opgewondenheid”. Dis immers iets waaroor hulle al ’n paar jaar droom, vandat hulle mekaar ontmoet het. Nou is die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Ho
Huisgenoot1 min read
’n Fiets, ’n Paar Moeë Bene En ’n Droom
WAT sal maak dat enigiemand meer as 1 500 km op ’n fiets wil rondrits? Dit klink dan soos malligheid? Vra jy egter die “Spore”-sanger, is die antwoord eintlik eenvoudig: liefdadigheid. “Hoekom op aarde sal ek van George af Mbombela toe op ’n fiets ry
Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe

Related