SARIE

Die angs is nie nie

Jou keel trek toe. Jou hart is op galop, jou palms sweet. Tel net tot vyf, sê jy vir jouself. Maar jou kop neem sy eie loop. Hoekom nou weer? ’n Vierletterwoord: Angs.

“Onthou net, dis nie iets wat jy in jouself moet fix nie,” sê die bekroonde aktrise Lea Vivier. “Jy moet daarmee saamleef. En dis oukei … dis moontlik. Party dae is dit erg en ander kere weer meer beheerbaar.”

Lea weet waarvan sy praat – sy sukkel ook met angs. “En ek’s nie skaam om dit te erken nie.”

Sy bly ’n oomblik stil waar ons in ’n koffie-winkel sit. Praat dan verder: “Ek streef nie om angs uit my lewe te elimineer nie, want dis nie ’n flaw nie. Baie mense sukkel met angs. Ons praat net te min daaroor.”

Nagenoeg 275 miljoen mense wêreldwyd ly aan ’n angssteurnis – dis 4% van die wêreld se bevolking, het die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) in 2019 bevind. Toe kom ’n pandemie en ons

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE1 min read
Woondinge
SIEN KOOPGIDS OP BL. 143 ■
SARIE8 min read
Net Cindy, Niks Fancy Nie
Hier is een rol wat Cindy Swanepoel-aanhangers nie sien kom het nie. Cindy as ’n idioom. Kry die prentjie: woordelose papierpop Cindy, met groot rooi kartonlippe en tande wat daaruit tuimel as dit oopgaan . . . ’n Mond vol tande. Die Wonderlike Wêrel
SARIE5 min read
7 Dinge Oor Plasebo’s Medisyne Se Raaisel
Mense wat haar ken, weet al: As Shudira ingedagte is, woel sy met haar wysvinger in haar regteroor. Sy vroetel dan met die vuurhoutjie wat sy glo daarin afgebreek het. Glo, want al het ’n spesialis daai oor goed deurgekyk, kon sy niks opspoor nie. Ma

Related