REDDER VAN RENOSTERS
DIE bos lewe, met die volmaan wat die landskap verlig. Daar koer ’n skopsuil, en iewers ver klink die geweeklaag van ’n swartrugjakkals op. Tussen ruigtes lê die renosterkoei. Sy is dragtig. Voetstappe knars oor die grond. Die groep mans is al die afgelope paar nagte in die omgewing en het haar bewegings fyn dopgehou.
Hulle neem stelling in.
Die jaggeweer word oorgehaal. Hy korrel. ’n Knal, en die Bosveld snak na sy asem. Stilte daal neer.
Die volgende oggend tref ’n bewaarder haar aan. ’n Gedeelte van haar gesig is weg waar die stropers haar horing in die nag afgesaag het. Sy lewe, maar roggel in haar eie bloed. Nóg ’n slagoffer van die oorlogsone in ons wildtuine en -reservate; nóg ’n renoster wat vir haar horing geskiet en gestroop is.
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days