TV Plus Afrikaans

Nou in Amerika

BOLD

Hope oorreed Deacon om Ridge om te praat om sy huwelik met Brooke te red, en Deacon sê vir Ridge om op te hou om op Taylor se skouer te huil elke keer wanneer iets skeefloop, maar Deacon kry net ’n houding en onbeskoftheid van Ridge. Deacon smeek Brooke om Ridge vir Deacon te los, maar sy is vasbeslote om Taylor te konfronteer en haar huwelik te red al wonder sy of dit die moeite werd is. Thomas pluis uit Sheila sit agter Brooke se Oujaarsdagaanddrinkery, en Carter en Paris dros by die werk vir seks die hele middag.

DAYS

Dit kom aan die lig Craig gaan uit met Leo Stark – die prostituut wat Sonny eens op ’n tyd afgepers het om met hom te trou – net toe Will en Sonny na Salem terugkeer. Tripp verbreek sy verlowing met Allie, Gabi verwerp Johnny en Jake se verleiding, en TR vra Paulina vir nog ’n kans. Kristen ontsnap wanneer Chad en Tony opdaag om haar slagoffers van Die Eiland te red, en Anna en “Stefano se dogter Renee DuMonde” (in werklikheid Sarah weens Kristen se inmengery) bots met mekaar. Jan onthul sy verwag Shawn se baba, en Nicole loop haar eksman, Eric, raak – ’n kroegman by die Brady-kroeg.

Y&R

Nikki keer dat Victoria Ashland mede-HUB van Newman Locke maak, en Victor sê vir Nick en Adam Ashland het sy kankerdiagnose geveins, voor hy Ashland beveel om ’n insinking te veins, alle bande met Victoria te verbreek en Genoa City te verlaat, maar Ashland hoor daar is afgereken met die mense wat hom kan verklap. Jack nooi Phyllis saam met hom na LA waar hulle in Keemo se verlate huis rondsoek en ’n pak briewe van Keemo aan Jack kry wat nooit gepos is nie. Billy sukkel om sy eerste podsending op te neem, en Devon verwerp Lily se idee dat hul maatskappye saamsmelt.

e.tv Weekdae 16:45

VERLEDE KEER

Ciara se lewe was in gevaar nadat die hut aan die brand gesteek is, Jordan het Charlotte aan Abigail teruggegee, en Ben het Hope probeer oorreed om hom te help om Ciara te red. Rex se planne vir ’n romantiese Valentynsdagete saam met Sarah het skeefgeloop.

IN DIÉ UITGAWE

Die pyn wat Jack JJ veroorsaak het, bring hom in konflik met homself nadat hy Haley aan die kaak gestel het as ’n onwettige immigrant, en hy vermoed Eve het haar eie agenda. Tripp probeer Haley oorreed om weg te kruip voor iemand haar kan vind, en Ben hou vol hy moet Ciara afsê, want hy is bang hy maak haar seer. Rex plaas druk op Eric om met Sarah te praat om sy huweliksaanbod te aanvaar, en Marlena konfronteer John oor Leo se vaderskapgeheim. Marlena is verras om Diana saam met Victor te vind, en John steel iets persoonliks van Leo. Rex konfronteer ’n man met ’n vuurwapen wat Chloe bekruip, en Brady sê Stefan beskerm Chloe nie genoeg nie. Abe en Sheila werk by ’n geleentheid om geld vir die haweloses in te samel, Jack word deur partyleiers gerugsteun om hom as burgemeester beskikbaar te stel, en John en Marlena wag op die uitslag van die vaderskaptoets. Will lig John en Marlena in oor sy en Sonny se plan, en Diana het nuwe drome.

SPELERS: Marci Miller •James Reynolds •Judi Evans •Thaao Penghlis •Morgan Fairchild •Leann Hunley •Meredith Scott Lynn •Harper en Sydnee Udell •Austin Peck •Tamara Braun •Martha Madison •Robert Scott Wilson •Peter Reckell •Judi Evans •Eric Martsolf •Peggy McCay •Christie Clark •Matilda Hanna en Chloe Teperman •Billy Flynn •Dot-Marie Jones •Nadia Bjorlin •Vivian Jovanni •Olivia Rose Keegan •Judith Chapman •Gregg Marx •Bill Hayes •Vincent Irizarry •Lamon Archey •Trey Baxter •Greg Vaughan •Larson Kassie DePaiva •Camila Banus •Thia Megia •Deidre Hall •Oakley & Taytum Fisher •Kristian Alfonso •Matthew Ashford •Melissa Reeves •Casey Moss •Drake Hogestyn •Chrishell Stause •Susan Seaforth Hayes •Wally Kurth •Lauren Koslow •Mary Beth Evans •Eileen Davidson •Sal Stowers •Greg Rikaart •Bryan Dattilo •Suzanne Rogers •Tina Huang •Deidre Hall •Farah Fath •Christopher Sean •John-Paul Lavoisier •Galen Gering •Kyle Lowder •Josh Taylor •Lindsey Godfrey •Alison Sweeney•Brandon Beemer •Tionne (T-Boz) Watkins •Freddie Smith •Joseph Mascolo •Shelley Hennig •Tyler ChristopherStephen Nichols •Eileen Davidson •Gilles Marini •Kyler Pettis •Asher Morrisette •Lucas Adams •John Aniston •Chandler Massey •Paul Telfer

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from TV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans2 min read
SABC1 Weekdae 18:30
@SKEEMSAAM @SKEEMSAAM3 @SKEEMSAAM H Weekdae SABC1 (*191) 09:30; SABC2 (*192) 13:00 O Sondae SABC1 09:30 Mosebjadi het die pynlike waarheid aanvaar dat hulle arm is, Jacobeth was tussen twee vure oor uitdienstreding, en Pretty was oorstelp t
TV Plus Afrikaans2 min read
SABC1 Weekdae 20:00
@GENERATIONSTHELEGACY1 @GEN_LEGACY @GENERATIONS_THE_LEGACY1 h Weekdae SABC1 (*191) 08:00 o Saterdae SABC1 11:00 Nontle het haar ma se raad aanvaar en was platgeslaan deur wat haar ma voorgestel het, Lucy het geweier om bevele van “die bedie
TV Plus Afrikaans2 min read
SABC3 Weekdae 19:00
@THEESTATEON3 @THEESTATEON3 @THEESTATEON3 H Weekdae SABC3 (*193) 11:00 O Saterdae SABC3 10:30 Schumacher en Mncedisi is getroud, Mlungisi het gevoelens vir Cora die ouditeur ontwikkel, en Londiwe se nuwe besigheid het die Khoza-familie se g

Related