TV Plus Afrikaans

Wat’s volgende

e.tv Weekdae 16:45

VERLEDE KEER

Eli het Hope uitgevra oor haar verhouding met Ted, Will het Diana besoek en verduidelik hoe Leo Sonny afpers, en Hope was paniekbevange toe sy besef Ciara was op die vliegtuig uit Suid-Afrika en niemand het iets van haar gehoor nie.

IN DIÉ UITGAWE

Die hut is aan die brand gesteek en Ciara se lewe in gevaar gestel, Jordan gee Charlotte terug aan Abigail, en Ben probeer Hope oorreed om hom te help om Ciara te red. Hope bedank Ted vir al sy ondersteuning, Ted se reaksie is om Hope nader te trek vir ’n impulsiewe soen, en Rex se planne vir ’n romantiese Valentynsete loop skeef. Jordan daag by Ciara se hospitaalkamer op en slaan Ben bewusteloos sodat sy hom met ’n dodelike konkoksie kan inspuit, en Chad en Abigail se geluk is geruïneer wanneer hulle uitvind Stefan gebruik Charlotte se ontvoering om Chad uit te beeld as ’n las vir die DiMera-direksie. Abigail aanvaar Chad se huweliksaanbod en vra Julie om die huwelik waar te neem, Chad vergewe Kate, en Jennifer kry Jack saam met JJ en oorreed Jack om die troue by te woon. Ben vertel Ciara hy sou waarskynlik voortgegaan het om sy suster te vermoor as Rafe hom nie gekeer het nie, en Jennifer modereer die eerste burgemeestersdebat tussen Abe en Melinda.

SPELERS: Abby (Abigail) Deveraux Marci Miller •Abe Carver James Reynolds •Adrienne Kiriakis Judi Evans •Andre DiMera Thaao Penghlis •Anjelica Deveraux Morgan Fairchild •Anna DiMera Leann Hunley •Anne Milbauer Meredith Scott Lynn •Arianna Harper en Sydnee Udell •Austin Reed Austin Peck •Ava Vitali Tamara Braun •Belle Martha Madison •Ben Weston Robert Scott Wilson •Bo Brady Peter Reckell •Bonnie Lockhart Judi Evans •Brady Black Eric Martsolf •Caroline Brady Peggy McCay •Carrie Brady Christie Clark •Charlotte DiMera Matilda Hanna en Chloe Teperman •Chad DiMera Billy Flynn •Chille Dot-Marie Jones •Chloe Lane Nadia Bjorlin •Ciara Brady Vivian Jovanni •Claire Brady Olivia Rose Keegan •Diana Cooper Judith Chapman •David Banning Gregg Marx •Doug Williams Bill Hayes •Deimos Kiriakis Vincent Irizarry •Eduardo Hernandez A Martinez •Eli Grant Lamon Archey •EJ DiMera Trey Baxter •Eric Brady Greg Vaughan •Eve Donovan Larson Kassie DePaiva •Gabi Hernandez Camila Banus •Hattie Adams Deidre Hall •Holly Oakley & Taytum Fisher •Hope Brady Kristian Alfonso •Jack Deveraux Matthew Ashford •Jennifer Horton Melissa Reeves •JJ Deveraux Casey Moss •John Black Drake Hogestyn •Jordan Ridgeway Chrishell Stause •Julie Williams Susan Seaforth Hayes •Justin Kiriakis Wally Kurth •Kate Roberts Lauren Koslow •Kayla Brady Mary Beth Evans •Kirsten DiMera Eileen Davidson •Lani Price Sal Stowers •Leo Stark Greg Rikaart •Lucas Horton Bryan Dattilo •Maggie Horton Suzanne Rogers •Melinda Trask Tina Huang •Marlena Evans Deidre Hall •Mimi Lockhart Farah Fath •Paul Narita Christopher Sean •Philip Kiriakis John-Paul Lavoisier •Rafe Hernandez Galen Gering •Rex Brady Kyle Lowder •Roman Brady Josh Taylor •Sarah Horton Lindsey Godfrey •Sami Brady Alison Sweeney •Shawn Brady Brandon Beemer •Sheila Tionne (T-Boz) Watkins •Sonny Kiriakis Freddie Smith •Stefano DiMera Joseph Mascolo •Stephanie Johnson Shelley Hennig •Stefan DiMera Tyler Christopher •Steve (Patch) Johnson Stephen Nichols •Susan Banks Eileen Davidson •Ted Laurent Gilles Marini •Theo Carver Kyler Pettis •Thomas DiMera Asher Morrisette •Tripp Dalton Lucas Adams •Victor Kiriakis John Aniston •Will Horton Chandler Massey •Xander Kiriakis Paul Telfer

eExtra Weekdae 21:30

VERLEDE KEER

Yamaç het Feyyaz probeer oortuig Alico sal hulle help, Sena was

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from TV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans2 min read
KykNET & Kie Ma.-Do. 20:00
@KYKNETKIE @KYKNETKIE @KYKNETKIE H Di.-Vry. kykNET & kie (*145) 15:30-16:30 O Saterdae kykNET & kie 14:00-18:00 Defne was woedend en wou Elif skiet, maar doen toe iets meer subtiels en vertel vir Kahraman tydens hulle egskeidingsprosedure s
TV Plus Afrikaans4 min read
Mooi Spioen Ruik Lont
Die groot en magtige At Koster (Hans Strydom) se dae as ’n vry man is dalk getel . . . At, met sy string trawante se hulp, het oor die jare heen bitter vuil gespeel om te kry wat hy wou hê en basta met wie hy in die proses vertrap of selfs in ’n graf
TV Plus Afrikaans4 min read
Aanhouer Wen
Fraksie Seisoen 1 kykNET Dinsdae kykNET (*144) 20:00 Sukses kom nie altyd oornag nie en soms verg dit jare se deursettingsvermoë om drome te verwesenlik. Vra maar vir die aktrise Daneel van der Walt, wat ons tans in die rol van die narkotiseur Bianca