Weg! Platteland

Ons gaan tuin toe

LESERSTUIN

’n Inheemse woud in my agterplaas

Die afgelope 8 jaar het John Crain op sy landbou-kleinhoewe in North Riding buite Johannesburg byna 300 spesies inheemse bome geplant, plus nog 600 aalwyne. Vandag het hy ’n baie besonderse woud in sy agterplaas.

John se paradys is ’n inheemse tuin op ’n stuk grond van 6 700 m2 wat hoofsaaklik uit bome en aalwyne bestaan. “Die aalwyne sorg in die wintermaande vir kleur, en plek-plek het ek bome en struike in digte groeperings geplant om ‘tuinkamers’ te skep – dit maak die tuin interessanter. Die gedagte is om jou dieper in die tuin in te trek sodat jy dit kan verken,” sê hy.

Die tuin is teen ’n helling geleë, en daarom het hy terrasse gebou wat die groot lap grond in kleiner stukke verdeel. “Die afgelope agt jaar het ek ongeveer 500 t rots en ’n klomp dooie en gebrande boomstompe laat inry waarop ek die terrasse kon bou. Ek het ook verskeie paadjies daarmee ‘geraam’.”

Agt jaar gelede was hier net ’n paar groot bome en rotsbanke, en dit is rondom hulle wat hy die tuin beplan het. Ons het hom uitgevra oor sy pad tot hier.

Waarom ’n inheemse tuin?

Lloyd Irving, wat nou

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland8 min read
Vertel Ons
Onlangs speel my seun sy eerste hoërskoolrugbywedstryd by my ou skool. Vroegoggend durf ons die pad Somerset-Oos toe aan. Wanneer ons bo-op die Olifantskoppas kom, lê die Karoo soos ’n oop granaat voor ons. Al verskil is dat dit dor en bruingeskroei
Weg: Platteland1 min read
Die Vonkel spat!
Vonkeltee – ’n koudgebroude ystee wat bruis soos sodawater – is die jongste produk van die wyn-vrugte-en-gasteplaas Babylonstoren naby Franschhoek wat ons oog getref het. Die nuwe laekilojoule-drankie is in 300 ml-blikkies te kry, in twee geure: rooi
Weg: Platteland4 min read
Die Berge In…
Dit is middel Desember op ’n klein kusdorpie in die Tuinroete. Ouma en Oupa sit op die stoep. Te salig. Die man is stil; die vrou praat baie. Die man en die voël luister nie altyd nie, omdat hulle weet wat die vrou gaan sê nog voor sy dit sê. Hulle n

Related