Weg! Platteland

Feeskos uit Libanon

Sypskaart

VIR DIE FEESTAFEL

Khoubz (Libanese pita)

Toum (Knoffelsous)

Hoender-en-artisjokpastei

Lamsblad met koffie, kardemom en borrie

Batata harra (Aartappels met speserye)

Wortel met geurige harissajogurt

Eiervrugslaai met vinkelskaafsels

Ma se eenvoudige tamatie-en-mentslaai

DRANKIE

Sharab ward (Roosdrankie)

NAGEREG

Halva-gegeurde bevrore jogurt

Khoubz (Libanese pita)

Glo dit of nie, maar die deeg vir khoubz (dit word ook gespel khubz, khobez, khubez of khubooz) kan jy vooraf maak en vir tot drie maande vries: Jy draai dit net in waspapier toe en sit dit in ’n vriessakkie. As jy dit later wil gebruik, laat jy dit tot kamertemperatuur ontdooi.

Maak 12

Bereidingstyd 15-20 minute plus rystyd

Gaarmaaktyd 10 minute

JY BENODIG

600 ml louwarm water
20 g droë kitsgis
1 eetlepel (15 ml) suiker
750 g steengemaalde witbroodmeel
1 eetlepel (15 ml) sout
1 koppie (250 ml) gewone jogurt
’n skeut olyfolie

SÓ MAAK JY

Meng 120 ml van die water in ’n bakkie met die gis en suiker. Laat dit vir ongeveer 5 minute staan om die gis te aktiveer.

Meng die meel en sout in die bak van ’n staanmenger. Sodra die gismengsel borrels maak, voeg dit by die meel en gebruik die masjien se deeghaak om dit te meng. Gooi die res van die water bietjiesbietjies by tot die deeg die regte tekstuur kry. Op dié punt moet jy net water bygooi om die deeg sag te kry. (Hierdie stap kan jy ook met die hand aanpak.)

Sodra die deeg nie meer aan die rand van die bak klou

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland9 min read
Ons Gaan Terug plaas Toe!
In ’n fraai vallei tussen Ngodwana en Waterval-Boven, omtrent 15km suidwes van die Sappi Ngodwanapapiermeule, draai jy van die besige N4 af en mik noord oor die Elandsrivier na die voet van ’n berg. Dit is hier waar jy Dombeya – ’n plaas en kwekery –
Weg: Platteland5 min read
Die Voëlsoekers
Hopeloos te min mense weet van hierdie lieflike tuin by Caledonstraat 49 wat in November verlede jaar sy 25ste bestaansjaar gevier het. Die 16ha huisves twee damme, waaronder die Van Kerveldam wat in 1811 as George se eerste waterreservoir gebou is,
Weg: Platteland15 min read
Woeker Met Winter Se Oorvloed
BEDIEN BY DIE KAGGEL SAAM MET ’N STORIE Turkse rooilensiesop met Persiese platbrood DEUR NA DIE TAFEL WAAR BIBER DOLMAS KLAAR GEDEK IS Soetrissies vol stampkoring, korente en dennepitte OPGEDRA AAN PA SE RIEMPIESTOEL Wildspastei met speserykoejawel ‘

Related