Weg! Platteland

Ons Top 10-veldkosse

1 Kruipvingerhoedjie (Asystasia gangetica)

Hierdie snelgroeiende grondbedekker is redelik droogtebestand en kom natuurlik voor in die somerreënvalgebiede van Suider-Afrika. Dit word maklik van steggies of saad gekweek. Die plant kom ook in tuine reg oor die land voor waar die wit blommetjies verskeie bestuiwers lok.

Die blare is ’n baie voedsame, gewilde bestanddeel in tradisionele Afrikakosse.

Gebruik dit só Oes stukke van die uitloopsels net voor jy dit wil gebruik (omdat die blare vinnig verwelk). Pluk die blaartjies van die stele af en was dit goed. Groter blare wat op ’n skaduryke plek gegroei het, kan rou of liggies geblansjeer in slaaie en groen smere of pesto’s gebruik word; die kleiner, harder blaartjies kan gaargemaak word soos spinasie, spinasiebeet of die verskeidenheid wilde groen blare wat bekend staan as marog. Gebruik die blare in sop, bredies, roerbraaigeregte, patties of in beslag vir soutige muffins. Dis ook ’n goeie vulsel vir pasteie.

2 Brakvygie (Mesembryanthemum cordifolium)

Dié groen blaargroente wat ’n mens heeljaar kan kweek, kom natuurlik voor in die somerreënvalstreke aan die kus en in die binneland van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal. Dit verdien veel meer erkenning as eetbare gewas as wat dit tot dusver gekry het. Brakvygies skrik nie vir droë toestande nie en vaar

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland8 min read
Vertel Ons
Onlangs speel my seun sy eerste hoërskoolrugbywedstryd by my ou skool. Vroegoggend durf ons die pad Somerset-Oos toe aan. Wanneer ons bo-op die Olifantskoppas kom, lê die Karoo soos ’n oop granaat voor ons. Al verskil is dat dit dor en bruingeskroei
Weg: Platteland1 min read
Die Vonkel spat!
Vonkeltee – ’n koudgebroude ystee wat bruis soos sodawater – is die jongste produk van die wyn-vrugte-en-gasteplaas Babylonstoren naby Franschhoek wat ons oog getref het. Die nuwe laekilojoule-drankie is in 300 ml-blikkies te kry, in twee geure: rooi
Weg: Platteland4 min read
Die Berge In…
Dit is middel Desember op ’n klein kusdorpie in die Tuinroete. Ouma en Oupa sit op die stoep. Te salig. Die man is stil; die vrou praat baie. Die man en die voël luister nie altyd nie, omdat hulle weet wat die vrou gaan sê nog voor sy dit sê. Hulle n

Related