BYE werk vir óns voedsel
Dit is die middel van die oggend in die laatlente en in die koel bries draal die reuk van fynbos en dennehars. Bo die Overberg in die Wes-Kaap maal bollings wit wolke, maar die sonstrale slaan tog plek-plek deur en verlig stukke van die landskap. Al wat jy hoor, is die wind deur die ruigte terwyl Chris Nicklin ’n strook goiing uit ’n ou sak sny. Hy steek dit aan die brand en druk dit in ’n rookpomp. Dan klim hy in ’n wit bye-oorpak, en trek ’n sluierhoed oor sy kop en ’n paar pantserhandskoene oor sy hande. “Kom ons kyk wat hier aangaan,” sê hy terwyl hy die korf se deksel lig.
Uit die korf klink ’n gegons op terwyl Chris ’n bolling rook oor die kolonie bye pomp, maar dit lyk nie of die indringer hulle te veel pla nie. Die bye krioel oor sy hande wanneer hy een van die raampies, druppend van goue heuning, uittrek en nagaan. “Die oggend is nog koel – dit help om die bye rustig te hou,” sê hy. “Presies die teenoorgestelde is waar as jy in die canola-landerye met hulle werk. Dan is hulle baie meer aktief, en jy moet weet wat jy doen.”
Chris het ’n bedrywige lente agter die rug waarin hy honderde korwe in ’n wye boog tussen Wellington en sy plaas van 100 ha naby Napier moes rondskuif. Hy is deel van ’n groeiende getal kommersiële byeboere wat amper eksklusief op die bestuiwing van voedselgewasse fokus. Dit is ’n diens wat nou meer as ooit tevore in aanvraag is. Wêreldwyd is daar
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days