Huisgenoot

SPUIT KOM ALTYD TE LAAT

EEN aand in September 2012 spuit Salmon van Huyssteen se ma hom met ’n middel genaamd Deca 300 in. Die volgende oggend spuit sy haar 16-jarige seun met nog ’n milliliter daarvan in.

Die houer met die middel, in kleefband toegedraai, het hulle gaan haal by die plaaslike slaghuis waar lamstjops en boerewors ook te koop is. Salmon se ouers het die voorraad by ’n familielid, ’n liggaamsbouer, gekry. Op sy beurt het hy die produk by ’n apteker gekry met die voorspelbare versekerings dat dit veilig is.

Hulle het geen internetverbinding by die huis nie; daarom het hulle nie vooraf aanlyn ondersoek daarna ingestel nie. Maar ná die tweede inspuiting begin Salmon se pa bedenkinge kry.

Die gesin ry dorp toe om die internet te gebruik. Toe ontdek hulle die aaklige, kommerwekkende waarheid: Hul seun het waarskynlik nandroloon, ’n steroïed, in sy gestel. Maar die familielid verseker hulle binne ses maande sal die middel onbespeurbaar wees.

Die rugbyster van die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria laat hom nie daardeur keer om dwarsdeur die seisoen te speel nie.

Toe in 2013 word hy gekies om die Blue Bulls by die Cravenweek te verteenwoordig. Langs die groot nommer agt was die selfs groter RG Snyman, wat ses jaar later in die Wêreldbekereindstryd in Japan sou speel.

Daardie Julie ondergaan Salmon (toe 17) ’n opkikkertoets by die Cravenweek in Middelburg, Mpumalanga. Middel September lig die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (SAIDS) hom in hy het positief vir ’n verbode middel getoets.

Salmon ontken nie dat hy die middel gebruik het nie, maar hou vol daar was “geen

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot3 min read
Skone Slaap
AS ’N skoonheidskrywer en ma van twee is dit nie altyd maklik om tyd in die dag te kry om ’n 20-minuut-gesigmasker of haarbehandeling aan te wend nie. Dis hoekom skoonheidsprodukte wat werk terwyl ek slaap veel aanlokliker is. Ons vel gaan ’n vernuwi
Huisgenoot2 min read
Die Sangeres Nana Mouskouri
TOE die Tweede Wêreldoorlog se bomme in 1941 op Athene begin val, het ’n sewejarige kind begin sing. En aangehou sing, selfs tydens die Duitse besetting toe mense in die strate tereggestel is en haar gesin paddas en slakke moes eet om te oorleef. “Ek
Huisgenoot5 min read
‘Hy Bly Steeds ons Pa’
HY HET daardie dag tronk toe gegaan om die man te konfronteer wat weens sy ma se moord vasgetrek is. “Ek was gereed om hom die leviete voor te lees, to speak my mind,” vertel Dexter Kannemeyer terwyl hy na die rustelose see hier by Gqeberha se Somers

Related