DINK aan die lewe van ’n beroepsportster… Dis natuurlik ure se oefening en harde werk, ja, maar ook die ene glans en glorie, wêreldreise en jubelende skares.
Tot daardie klop aan die deur in die vroeë oggendure kom.
Dít kan beteken daar is ’n beampte van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (Saids) op die voorstoep – en dan is daar geen wegkruipkans nie.
Dié instelling het die reg om enige tyd van die dag, selfs vyfuur die oggend, by die voordeur van ’n Suid-Afrikaanse beroepsportman of -vrou wat internasionaal of nasionaal meeding op te daag en ’n urine-of bloedmonster te eis. Soms sommer albei. En as ’n sportster dalk iets het om weg te steek, sal toetse op