Avontuur Afrika

Grondpad avontuur in Dullies

Toe die grondpad avontuur na Dullstroom in die kompakte Suzuki Vitara Brezza tydens ons onlangse redaksionele beplanning aan my geallokeer is, het ek effe ingedoen gevoel. Die manne in die span was op pad Mosambiek toe vir ‘n bos-en strandvakansie en ek moes Dullstroom toe gaan – en dit in ‘n kompakte oorgangsportnutsvoertuig! Hoe is dít nou regverdig?

Kom ek begin by die kar. Ek is nie ‘n klein, fyn meisietjie nie en kon nog nooit lig pak nie (veral nie as ek ‘n plek besoek wat bekend is daarvoor dat dit maklik vier seisoene in een dag oplewer nie), so die “kompakte” deel het my bekommer. Ek het besluit om my dogter en haar vriendin saam te neem en het ernstig getwyfel of ons alles in hierdie klein tjorretjie van Suzuki sou kon inpas. Dit was sekerlik ‘n resep vir ‘n ramp, veral toe ek die weervoorspelling nagegaan het en besef het dat daar ‘n paar nat dae op ons wag. Ek het visioene gehad van ons wat teen die modderige hange van die grondpad-bestemmings wat ek gekies het afgly…

Toe nou nie, my vriende – geen ramp hoegenaamd nie! Inteendeel – ek is aangenaam verras. Nie net deur die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika4 min read
Gesels>> SAAM
Ek is al vir jare ‘n 4x4-eienaar, maar wil my eerste oorgrens-landreis aanpak. Wat is die belangrikste herwinningstoerusting wat jy nodig het? – Wessel Odendaal. Ons uitgewer, Anton Willemse, het al talle landreis-toere in verskeie voertuie voltooi.
Avontuur Afrika8 min read
Oorwin Kili Se Jonger Boetie
Mount Meru, wat oor die nabygeleë dorp Arusha uitkyk, staan trots op 4 562m. Baie min besoekers takel egter hierdie vulkaan, wat ‘n jammerte is aangesien dit ‘n baie unieke ervaring en – in sy eie reg – ook baie spesiaal is. Eerstens, aangesien dit s
Avontuur Afrika3 min read
Goeters & geite
Dit klink baie romaties om in die reën te dans, maar dis nie altyd so lekker nie. Vra my… ek het al genoeg kere in my lewe natgereën om te weet waarvan ek praat! Daarom is ek mal oor die K-Way Backpack Rain Poncho. Gemaak van 100 persent 190T poliëst

Related