Huisgenoot

EWIGE LIEFDE ‘IN ’N ANDER PAKKIE’

DIT was liefde met die eerste oogopslag die aand toe sy haar toekomstige huweliksmaat ontmoet het. Dit het haar laat besef sy soek onbewustelik na ewige liefde “in ’n ander pakkie toegedraai”.

Maar op die Suidooster-aktrise Portia Joel se liefdespad na die kansel was genoeg struikelblokke om enige sepiekyker te laat naels kou, veral as jy jou droomtroue midde-in ’n pandemie beplan en die coronavirus en sy jongste variant dreig om alles op die nippertjie te verongeluk.

Ná ’n verlowing van ses jaar en nadat twee troudatums noodgedwonge uitgestel moes word, het die groot dag eindelik einde verlede jaar vir Portia (40) en Romaine Rhoda (36) aangebreek. Maar steeds was die wind van voor.

“Dis die een teleurstelling ná die ander,” sug die aktrise wat net sowat ’n maand tevore ’n TV-bruid was toe haar Suidooster-karakter, Lee-Ann Jacobs, in dié kykNET-sepie met Ty Daniels (gespeel deur Maurice Paige) afgehaak het.

Nou is dit haar en Romaine se beurt. Die afgelope twee nagte het hulle hulle tot in die vroeë oggendure lê en bekommer oor of “die bliksemse covid” hulle sou verplig om hul troue die derde

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Wil Jy ’n Skrywer Word?
Het iemand al vir jou gesê jy skryf mooi opstelle? Of dink jy self jy skryf nogal oulike stories? As jy ’n groot begeerte het om eendag jou stories in ’n tydskrif of boek te sien, moet jy dadelik vir die Kommadagga-slypskool inskryf. Dit word vir die
Huisgenoot2 min read
Elders In Die Wêreld
Verlede jaar was daar tussen 100 en 150 flaminke in Chili se Los Flamencos-reservaat, maar vanjaar is net 15 tot 20 van die voëls daar gewaar. Wetenskaplikes van die reservaat probeer nou met behulp van satelliete uitvind waarheen die res van die fla
Huisgenoot1 min read
Sy Ou Vlamme
Dié The Cosby Show-aktrise het in 1987 met Lenny getrou. Hulle is in 1991 uitmekaar. ’n Dogter, Zoë, is uit dié huwelik gebore en die ouerpaar is steeds na aan mekaar. In 1991 het hy kortstondig met die Australiese popsangeres uitgegaan. Die jaar 199

Related Books & Audiobooks