Huisgenoot

SMUL AAN VIS & SEEKOS

SEEKOS-EN-SPEKSO

Die seekos en effense gerookte smaak van die spek werk heerlik saam in hierdie lekker eenvoudige sop. Dis heerlik saam met varsgebakte brood.

GENOEG VIR 6 MENSE

BEREIDING: 20 MIN.

GAARMAAK: 20 MIN.

• 45 ml (3 e) olie
• 6 repe rugspek, gekap
• 1 klein ui, fyngekap
• 1 rooi soetrissie, gekap
• 50 ml koekmeel
• 7,5-10 ml (1½-2 t) visspeserye
• 500 ml (2 k) warm melk
• 2 lourierblare
• 750 ml (3 k) vis- of groenteaftreksel
• 2 ryp tamaties, geblansjeer en gekap
• 200 g aartappels, in blokkies gesny (opsioneel)
• sout en peper na smaak
• 700 g gemengde seekos
• ’n paar bevrore gaar mossels in die skulp
• ’n hand vol pietersielie

VIR VOORSIT

• varsgebakte brood
• suurlemoenskyfies

1 Braai die spek in ’n bietjie olie tot gaar. Voeg die ui en soetrissie by en braai tot sag.

2 Voeg die koekmeel en visspeserye by en roer goed. Roer nou die warm melk stadig by, voeg die lourierblare en aftreksel by en bring tot kookpunt terwyl jy af en toe roer.

3 Voeg die tamaties en aartappels by, indien gebruik. Geur met die sout en peper soos nodig en laat kook 15 min. of tot die tamaties en aartappels sag is.

4 Plaas die seekosmengsel in ’n vergiettes en giet kookwater oor.

Voeg die seekos en mossels, asook enige aftreksel uit

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot4 min read
’n Blok Vir Sports Op 50
DALK onthou jy nog die soort speelgoed wat jou laerskoolvriende pouses uitgehaal het. Van yo-yo’s tot albasters was deur geslagte algemeen en enigiemand kon daarmee speel. Maar daar is een speelding wat net deur ’n uitgelese groepie kinders baasgeraa

Related