Huisgenoot

MAMMA MIA! ITALIË SE ‘PASELLA’ HUISE

“DIT het na ’n baie goeie kopie gelyk,” sê Rafael Solorzano terwyl hy teen ’n antieke witgekalkte muur leun.

Die 28-jarige Amerikaner van Miami praat van die huis waarin ons staan – al vier verdiepings daarvan plus ’n kelder – en dat hierdie bewoonbare, geskiedkundige woning op ’n mooi ou Sisiliaanse heuweldorp teen net €1 (R18) syne is. Dis soveel as wat jy in Italië vir ’n skyf pizza sou betaal.

Dit is al 14 jaar sedert die voormalige parlementslid en kulturele kommentator Vittorio Sgarbi ’n radikale oplossing vir die geleidelike agteruitgang van die Italiaanse platteland voorgestel het. Die afgelope twee dekades het ’n miljoen Italianers hul huise op dorpies agtergelaat om nuwe geleenthede in die stede te gaan soek.

Om hierdie uittog om te keer, het Vittorio voorgestel die land se kwynende nedersettings moet die leë huise spotgoedkoop vir nuwelinge aanbied.

Dit het ’n ruk geneem om burgemeesters en die afwesige eienaars te oorreed, maar 34 afgeleë dorpe en gehuggies landwyd het nou €1-huisprogramme.

Vir party is dit net deel van die wanhopige oplossing vir ’n bestaanskrisis.

As jy beloof om jou in Molise, ’n sukkelende streek in die suidelike Apennyne, te vestig en ’n onderneming daar te open om die plaaslike ekonomie ’n hupstoot te gee, sal jy drie jaar lank ’n maandelikse toelae van €800 (R14 400) ontvang om jou op dreef te help kom. Suid-Afrikaners wat belangstel, moet vir ’n Italiaanse visum vir selfwerksaamheid aansoek doen.

Verder suid bied Calabria inkommers wat beloof hulle sal ’n onderneming daar vestig of hul kinders by die skool inskryf ’n goue verwelkomingsgeskenk van tot €33 000 (R594 000).

Maar meer as die helfte

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot1 min read
Span Jou Mikrogolfoond In Vir Meer
Voor jy uie begin kap, sny die punte weerskante af en plaas dit 30 sekondes in die mikrogolfoond. Dit haal die brand uit die sap en keer dat die trane sal loop wanneer jy dit sny. Knoffel sal makliker skil as jy die hele knol 15 sekondes in die mikro
Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie

Related