Huisgenoot

Nuwe vrou op Vierfontein

DIE hele dorp is in rep en roer. Opwinding gons soos ’n elektriese lading in die lug. By die koöperasie en die slaghuis, die haarsalon en die koffiewinkel, is dit al waaroor gepraat word. Sommige dorpenaars is bly, ’n paar is sielsongelukkig en ’n paar is skepties, maar elke laaste een kan bars van nuuskierigheid.

Gert van die koöperasie het gistermiddag die stertkant van Dawid Muller se selfoongesprek met sy seun, Dirk, gehoor. Dawid het, volgens Gert, baie ingenome geklink en breed geglimlag toe hy die oproep beëindig.

Dieselfde man wat maande al asof in ’n dwaal sy besigheid op die dorp met so min moontlik interaksie afhandel voor hy weer die pad vat na Vierfontein. Daar is dit nou net pa en seun in die groot plaashuis oor; met Bettie wat die huishouding aan die gang hou.

Die swaaideur het skaars agter Dawid toegeklap, toe bel Gert

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Help Familie Met Geldprobleme Só
◗ Sommige mense werk net nie goed met geld nie. Leer hulle hoe om te begroot. Soms verg dit net ’n paar aanpassings, soos besnoeiing van onnodige koste en ’n plan vir rekeningbetalings. ◗ Ondersoek maniere vir die persoon om meer te verdien. As jy se
Huisgenoot3 min read
Pas Daai Tandjies Mooi Op
OM JOU kind tandarts toe te vat kan ’n groot gedoente wees. Soms is dit jou eie vrese wat jou kind gespanne laat voel – volgens die International Journal of Paediatric Dentistry sal die tandartsvrese van een lid van ’n gesin die ander ook beïnvloed.
Huisgenoot2 min read
Vier Die Liefde
Hy het byna twee dekades gelede gesing oor sy “Jessie baby” – sy was ’n Jessica aan wie hy tóé al sy ewige liefde verklaar het. Die ironie, natuurlik, is dat die rasperstemsanger RAY DYLAN nie in 2007 geweet het wie dié Jessica is nie, tot hy haar se

Related