Kuier

’NTROUE vir Kersfees

“Mamma!”roep ’n stem van die hek af. Die hekkie kreun soos dit oopgaan en weer toegaan.

Missy vee vinnig haar trane af en kyk na haar suster, Suzie, wat dieselfde doen. Suzie wat haar pas vertel het dat haar onkoloog haar minder as twee maande gegee het.

Shari, haar susterskind, staan in die deur – groot en blinkoog.“Xavier het propose!” kondig sy aan en val in haar ma se arms.

“Baby, baie geluk, my kind. Wys my die ring!”sê Suzie terwyl Missy sê-vra:“Ek neem aan jy het ja gesê?”

“Natuurlik!”

Missy kan vir Shari uittart soos sy wil, maar toe sy verby die kind se jongste haarstyl kyk, wens sy sy kan haar susterskind vir ewig in dié oomblik vashou. Hemel, sy is so gelukkig. Om te dink aan die nuus wat vir haar wag. Moenie huil nie.“Baie geluk, Shari.”

“Ek is so excited – ek dink al aan die datum, kleure – my rok!”babbel die kind aaneen en Missy probeer ’n glimlag van iewers trek.“Kom vertel ons hoe hy jou gevra het.”

“Oh my word,”slaan sy haar hande saam. Die fokus verskuif na haar ringvinger en almal wil die ring sien.“Hy het dit by die huis gedoen. Hy het my favourite dish gemaak. Ma weet hy kan lekker kook.”

“Sy ma het hom reg geleer, anders as jy,”spot Missy.“Jy sou doodgaan van die honger as hy ronde hande gehad het.”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier3 min read
‘N Brief Aan My Kinders
RAAK WYS MET… Brenden Boys, ek skryf dié brief aan julle omdat dít wat ek wil sê belangrik is, en ek dit vir ewig wil opteken. Hierdie jaar is ons land 30 jaar onder ‘n sogenaamde demokratiese bestel. Met die eerste demokratiese verkiesing was ek sle
Kuier5 min read
Energie Van alle Kante!
Energie is die vermoë om werk te verrig. Dit kan ook beskou word as die krag wat beweging of handeling teweegbring. Ons sien die uitwerking van energie oral. Plante gebruik son-energie om te groei. Karre gebruik petrol (chemiese energie) om van die e
Kuier1 min read
Kuier
REDAKTEUR Lara Atson KUNSREDAKTEUR Selina Petersen ARTIKELREDAKTEUR Edna Ellman SUBREDAKTEUR Michelle Linnert Jansen TV-SKEDULES Kashief Achmat INTERN Mary Martin MEDEWERKERS Kelly-Lee Ohlson, Enrico Claassen, Clyde Adams-Vister, Haidee Muller-Isaacs

Related