Kuier

DONKER FEESTYD

“Kersfees bestaan nie meer vir my nie,” sê Sydney Roman (41) van die Paarl buite Kaapstad met onmiskenbare bitterheid in sy stem.

“Covid het als van my af weggevat.”

Vir dié eens gelowige man wat Kersfees altyd saam met familie om ’n feestelik gedekte tafel met geskenke gevier het, is dit nou net nog ’n dag.“Ek het alle vertroue in die Here verloor,” sê hy prontuit.

Sydney was vir ses weke in die hospitaal weens Covid-19. In dié tydperk het albei sy ouers gesterf sonder dat hy van hulle afskeid kon neem.“Wat het ek verkeerd gedoen? Hoekom is ek gekies om deur daai hel te gaan?”is onder die vrae waarmee hy worstel.

Tans is hierdie pa van twee seuns van onderskeidelik dertien en een jaar oud ’n skadu van sy ou self en moet hy op ’n suurstofmasjien staatmaak om asem te haal. Die eenvoudigste takie, selfs om badkamer toe te gaan, is ’n groot inspanning.

Sydney het tot voor sy hospitaalopname as process technician by Consol Glass in Bellville gewerk. Hy vertel snakkend na asem hoe hy op 28 Julie vanjaar sleg begin voel het, maar aanvanklik negatief getoets het.

Twee dae later het sy toestand egter só versleg dat hy in die staatshospitaal in die Paarl opgeneem is. Daar is

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier2 min read
Maak Só Opsommings
’n Opsomming is ’n kort weergawe van die belangrikste inligting uit ’n lang teks. Jy gebruik dit veral wanneer jy moet leer vir ’n vak wat baie inhoud bevat en jy net spesifieke feite wil onthou (funksionele opsomming). Op skool word daar ook van jou
Kuier11 min read
Vaarwel Aan Die Vlei Se Mense
Die wel en weë van die leerders en onnies by die fiktiewe Hoërskool Arendsvlei op die Kaapse Vlakte hou ons sedert 1 Oktober 2018 vasgenael voor ons TV's. Daar was gekonkel, hope verraad, affairs en selfs ’n moord of twee (of drie) … En nou, ses seis
Kuier1 min read
Wenke Om Jou Eie Breinkaart Te Maak
1 Gebruik ’n skoon bladsy. Skryf die hoofgedagte of sleutelwoord in die middel van die bladsy neer. 2 Jy kan selfs die woord teken. Maak dit kleurvol. Jy kan ook jou eie kodetaal of “leertaal” ontwikkel. 3 Skryf die ander sleutelwoorde of belangrikst

Related