Huisgenoot

NIER-OORLOG!

‘EK KAN NOG BAIE MEER OOR DAWN SKRYF. DIE VROU IS ’N GOUDMYN!’

JOU nier geniet beslis veel minder romantiese aansien as jou hart. Die hart word immers verbind met diepgaande emosies soos die liefde en dapperheid. Mense is “groothartig ”of “hartseer”. Sake van die hart inspireer al eeue lank enigiets van minneliedjies tot verhale oor bloedvetes.

En jou nier? Wel, dié boontjievormige orgaan so groot soos jou vuis suiwer jou bloed van onsuiwerhede en skei dit dan as urine uit. Belangrik vir jou gesondheid, maar beswaarlik iets wat skrywers na hul pen laat gryp of vriendskappe vernietig.

Maar nou is die nederige nier aan die hart van ’n twis wat aanlyn en in die hof tussen twee Amerikaanse skrywers woed. Dit lok gesprekke in kuberkletskamers en artikels in koerante uit. Dit het selfs

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie

Related