TV Plus Afrikaans

DítKykOnsNou

Naam: Genevieve Terblanche.

Pos: Senior skrywer, wat eis om mense se troeteldiere tydens Zoom-vergaderings te sien.

Ek kyk nou: Seisoen 1 van die fantasiereeks The Watch (2020) op DStv Catch Up.

My mening oor die reeks: Dié aksie-fantasiereeks is gegrond op sommige van sir Terry Pratchett se Discworld-romans wat oor die Ankh-Morpork City Watch handel, onder leiding van die gryskop polisieman, deeltydse politieke filosoof en heeltydse alkoholis kapt. Sam Vimes (Richard Dormer, Sheriff Dan Anderssen in die dramareeks Fortitude, 2015-2018). Dit is deels in SA verfilm en om die choas van die stad ryk aan teksture te sien, is ’n belewenis! Belangrike karakterisering in die Discworld-boeke is uitgebeeld op maniere wat soms opwindend (soos in die geval van Cheery Littlebottom, gespeel deur die nuweling Jo Eaton-Kent), en soms teleurstellend is (soos met die nuweling Adam Hugill se vervelige konst. Carrot). Maar indien jy jou verwagtinge kan laat vaar, is dit boeiend.

Los hande

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from TV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans4 min read
Aanhouer Wen
Fraksie Seisoen 1 kykNET Dinsdae kykNET (*144) 20:00 Sukses kom nie altyd oornag nie en soms verg dit jare se deursettingsvermoë om drome te verwesenlik. Vra maar vir die aktrise Daneel van der Walt, wat ons tans in die rol van die narkotiseur Bianca
TV Plus Afrikaans5 min read
‘Vreemde’ Vriende
Karavaan Seisoen 1 Dinsdae SABC2 (*192) 19:30 Wie sal jy aan jou sy wil hê tydens jou laaste tyd op aarde? Die vrygeestige Renske (Elsabé Daneel) prop haar beste vriend Hennie (Kurt Egelhof), en nuwe vriende Gert (Albert Maritz), ’n oorlogsveteraan
TV Plus Afrikaans2 min read
Doodloopstrate
Dis nag en alles het net vir Siya (Gantane Kusch) te veel geword – en nou is hy ’n voortvlugtige nadat hy Junaid (Hein Poole) in ’n woede-uitbarsting vroeër in November probeer verwurg het. “Junaid het ’n snedige opmerking gemaak oor Siya en hoe Siya

Related