Avontuur Afrika

Die Pêrel van Afrika

Baie van ons is maar skepties om donker Afrika binne te vaar om te gaan verken, maar teen die trant wat die oostelike berggorillas se getalle daal – en omdat dit ‘n lewenslange droom van ons was om hulle in hul natuurlike habitat te sien – het ons besluit basta met bang wees! Min het ons geweet dat die reis na Uganda soveel meer as net die bedreigde gorillas sou inhou!

Na baie navorsing het ons besluit om Uganda toe te vlieg en ‘n 4x4 voertuig saam met ‘n gids daar te huur. Na afloop van ons toer kan ons bevestig dit was die beste besluit. Die opsie is nie noodwendig goedkoper nie, maar wanneer jy ‘n toer wat gewoonlik drie weke neem in twaalf dae moet indruk help dit om ‘n plaaslike gids te hê wat weet waar alles is.

Wanneer deposito’s (in Amerikaanse dollars – en nie ‘n bietjie nie!) betaal word, hoop jy maar alles loop glad. Mens slaap maar ongemaklik met tye, maar begin terselfdertyd die slapies aftel na hierdie avontuur. Ons bekommernis was egter ongegrond – ons gids, Emmy Gongo, het alles bespreek, permitte vir die gorillas gereël, verblyf gekies en betaal, die 4x4 gehuur en selfs die diesel gereël. Wat ‘n verligting! Dit is egter belangrik om wel ekstra kontant saam met jou te neem – in Afrika is dit immers altyd ‘n goeie

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika3 min read
Goeters & geite
Dit klink baie romaties om in die reën te dans, maar dis nie altyd so lekker nie. Vra my… ek het al genoeg kere in my lewe natgereën om te weet waarvan ek praat! Daarom is ek mal oor die K-Way Backpack Rain Poncho. Gemaak van 100 persent 190T poliëst
Avontuur Afrika3 min read
Vyf Veldry-roetes Om Jou Vyfdeur Te Toets
Hierdie gewilde 4x4-speelgrond, sowat 100km noord van Pretoria, bied ‘n 80km-lange roete, wat enigiets van 10 ure tot twee dae sal neem om te voltooi. ‘n Laestrek-ratkas en goeie grondvryhoogte is egter ‘n voorvereiste en bestuurders moet deur ‘n gid
Avontuur Afrika3 min read
Goed Op Dreef
Die lewe is ‘n reis wat deur mylpale gekenmerk word en soos ons deur sy kinkels navigeer, skryf ons die hoofstukke in ons persoonlike lewensverhaal. Dieselfde geld vir Avontuur Afrika. Alhoewel sommige uitgawes dalk as meer noemenswaardig as ander be

Related