HUIL JY? OF HELP JY?
“Ek het op die blink gepoetste vloer van die lughawe se vertreksaal gestaan en my hart uitgesnik. Die stroom mense het om my verdeel en verder aan weer een geword. My reisgenoot het stilletjies tussen hulle verdwyn. Minute tevore het ’n skoonmaker met ’n besem uit die toilette gehol – en ’n verskrikte muis voor my oë papgeslaan.”
Mina, hier aan die woord, kan nie enige wese, mens of dier, se pyn hanteer nie. Selfs ’n boom wat afgekap word, krap haar om. Eenkeer het ’n verdwaasde vark op die hoofweg voor haar oë van ’n bakkie afgeval en dit het haar byna geknak.
Nou is daar seker iemand in ons almal se lewe wat hopeloos te veel vóél. Soos May in Sue Monk Kidd se blitsverkoper, The Secret Life of Bees. May is oorsensitief vir die wêreld se hartseer. Haar susters, August en June, het ’n klaagmuur gebou, nes die een in Jerusalem. Dáár kan sy haar briefies bêre waarin sy skryf van al die dinge wat haar ontstel. Uiteindelik verdrink sy haarself in die rivier – haar hartseer-beker het oorgeloop.
Deesdae is daar op sosiale media ’n gonswoord: empaat (). Jy voel soveel empatie vir mens en dier, en selfs die aarde, dat dit jou dreineer. Skielik is daar een agter elke bos. Die gewilde sosialenuusplatform Reddit het ’n subgroep, r/Empaths, met sowat 80 000 lede – met ’n gereelde stroom plasings oor die vreugdes en smarte van empaat-wees.
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days