SARIE KOS

Groot geur: Dis kerrie!

1 Vertel ons wie Cariema is.

In Islam is die gee van ’n naam vir ’n kind een van die belangrikste rituele wat ’n ouer kan voltrek. Die keuse van ’n naam word nie liggies opgeneem nie, dis iets wat behoorlik deurdink word. Die naam Cariema of Kareemah (soos dit uitgespreek word in Arabies) beteken “vrygewig, gul” en dit is wie ek is. Khalil Gibran het gesê, “Jy gee min as jy van jou besittings gee. Dit is wanneer jy van jouself gee dat jy eers werklik gee”, en dit was nog my hele lewe lank my mantra. Ek dra die hoed van ma, vrou, suster, dogter, sakevrou, skrywer, sjef en storieverteller, en in elkeen van hierdie rolle probeer ek myself ten volle gee.

2 Wat maak hierdie boek uniek?

Curried is my eie reis in ’n globale kulinêre tradisie, my verkenning van ’n gereg wat soveel troos bring aan soveel nasies. Elke verteller vertel sy storie uit sy eie oogpunt, en die feit dat ek ’n rol gespeel het in die vertel en skryf van hierdie storie, die stilering en bereiding van al die resepte maak die boek waarlik uniek. En om alles te kroon maak my man sy debuut as kosfotograaf in die boek!

3 Baie mense is bang vir speserye en om daarmee te kook. Watter raad het jy vir hulle?

Minder is meer as jy met speserye kook. Ek sien so dikwels mense koop speserye en bêre dit nie behoorlik nie, wat die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE KOS

SARIE KOS8 min read
• HERMAN PROE THAISE PERFEKSIE • KOSTEATER VAN STORIES EN SMAKE WÊRELDKLAS in Bangkok
’nKoservaring in Thailand is vinnig besig om die gewildheidsleer te klim op die fynproewerstoneel. Vir lank het die wêreld Frankryk as die geboorteplek van goeie kos beskou, wat natuurlik waar is, maar nou draai ons ons oë ook na die Ooste. Dalk is d
SARIE KOS1 min read
Sarie Kos
REDAKSIONELE SPANREDAKTEUR Michélle van BredaKOSREDAKTEUR Herman Lensingherman.lensing@sarie.comSKRYWER Lydia van der MerweSKRYWER Marzanne Schoeman 060 904 5090ONTWERPDIREKTEUR Anel StapelbergTEKSREDAKTEURS Natasja Lochner & Anine CapraroREPRODUKSIE
SARIE KOS2 min read
DIE ROMERIGE GROEN LEKKERTE Avokado
● 3 resepte met avokado ● Perfek vir ontbyt ● In ’n lekker sous vir steak My kosheld het hierdie gereg een aand op TV gemaak en ek het in verwondering toegekyk. Ek moes dit net probeer. Die kors met avokado pleks van botter gaan jou hart oorrompel.

Related