Huisgenoot

TIENERS EN DEPRESSIE

JY HET gedink jy is gereed vir jou kind se moeilike tienerjare. Die hormone en wispelturige emosies, die knorrigheid en selfoonverslawing… Jy weet wel dis ’n onvermydelike en nodige groeifase en jy moet net op jou tande kners.

MAAR WAT GAAN DAN NOU AAN?

Meteens lyk dinge baie erger as wat jy verwag het. Jou kind wil nie skool toe gaan nie, wil niks van vriende weet nie, bring ure aaneen alleen in sy kamer deur en lyk altyd afgeslote of geïrriteerd.

En daardie liewe glimlag is skielik skoonveld.

In jou agterkop duik die vreeslike vraag op: Sê nou net my kind het depressie ontwikkel?

Dis moontlik dat dinge inderdaad ernstig geraak het. Depressie onder tieners raak meer algemeen, bevestig Anys Rossouw, ’n opvoedkundige sielkundige van Pretoria. “Ál meer ouers bring hul kinders vir terapie.”

Sy sê tieners ervaar ook toenemend angs wat behandeling verg.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Huisgenotjies
Ou Kallie werk by ’n winkel wat elektroniese toerusting verkoop. Op ’n dag kom ’n dief in en hardloop met ’n TV-stel uit. Kallie hardloop dadelik agterna terwyl hy uitasem skreeu: “Stop, stop! Jy het die afstandbeheerder vergeet!” JOHANNA RADEMEYER “
Huisgenoot1 min read
Op Die Skoolbanke …
ANTWOORDE: 1. JESSICA ALBA, 2. AVRIL LAVIGNE, 3. NICOLAS CAGE, 4. CINDY CRAWFORD, 5. BARACK OBAMA, 6. QUEEN LATIFAH, 7. OWEN WILSON, 8. MADONNA, 9. TOM HANKS ■
Huisgenoot1 min read
Internasionale Eer Vir Plaaslike Omgewingsaktiviste
TWEE Suid-Afrikaanse omgewingsaktiviste is aangewys as die gesamentlike wenners van die Goldman-prys vir Afrika. Sinegugu Zukulu en Nonhle Mbuthuma het sleutelrolle gespeel daarin om die maatskappy Shell se planne te keer om seismiese toetse aan die

Related