Kuier

GENADEKANS NÁ ONGELUK

“Dit is eers wanneer jy bors teen bors met die koue hand van die dood te staan kom dat jy besef hoe kort die lewe regtig is. Dit is net die Hand en genade van die Here wat ons deur daardie dag gedra het.”

Só glo Charlene Johnson (32) van De Doorns, ’n klein dorpie in die Wes-Kaap. Dié vrou en haar dogter was in 2018 in ’n gru-ongeluk op die N1-snelweg betrokke. Die wrak was so erg dat nooddienste Charlene daaruit moes sny omdat sy vasgekeer was in die voertuig. En hoewel sy slegs vae herinneringe van daardie lewensveranderende dag het, is dit ’n dag wat vir ewig in haar geheue ingeëts is.

Toe Charlene en haar dogter, Shanna-Leigh (nou 10, toe 8), oudergewoonte op Donderdag 12 April 2018 hulself regmaak vir ’n besoek aan ’n hospitaal in die Kaap, het dit nie een keer by haar opgekom dat hulle slegs oomblikke naat hulle die huis verlaat, in ’n ongeluk betrokke sou wees nie. Hoewel die voertuig, waarin hulle insittendes was, heeltemal afgeskryf is, het hulle wonder bo wonder die gru-ongeluk oorleef. Dan sing Charlene dankbaar: “Toe ek voel ek kon nie meer, toe kom Hy deur. Wat sal ek die Here vergeld vir al Sy weldade?” Dis ’n reël uit Elwira

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier1 min read
Wenke Om Jou Eie Breinkaart Te Maak
1 Gebruik ’n skoon bladsy. Skryf die hoofgedagte of sleutelwoord in die middel van die bladsy neer. 2 Jy kan selfs die woord teken. Maak dit kleurvol. Jy kan ook jou eie kodetaal of “leertaal” ontwikkel. 3 Skryf die ander sleutelwoorde of belangrikst
Kuier7 min read
Sitrus-sensasie
Genoeg vir 4-6 mense Tjops 4-6 varktjops 1 teelepel sout 2 teelepels varsgemaalde swartpeper 1 teelepel fyn koljander 1 ui, gekap 2 knoffelhuisies, fyngekap fyngerasperde skil en sap van 1 suurlemoen 2 eetlepels olyfolie Mash 8 aartappels, geskil en
Kuier2 min read
Hallo, Liewe Kuier-lesers!
Ek onthou nog soos gister die dag toe die media destyds in 2018 genooi is vir die launch van kykNET & kie se eerste Afrikaanse telenovela, Arendsvlei. Ons het almal bymekaargekom by 'n rooftop venue in die hartjie van die Kaap. My man was nog my plus

Related