Rooi Rose

Gebore uit PYN

IRA BLANCKENBERG aktrise

I ra en haar akteurman, Waldemar Schultz, se 14-jarige seun, Kieran, is in 2013 dood nadat hy by Hermanus van ’n krans afgeval het. Om haar gevoelens neer te skryf het Ira dié groot verlies help hanteer, en in 2018 tot ’n eenvrou-opvoering gelei.

“Kieran was ’n besonderse kind, wys bo sy jare. Hy het dikwels gesê: ‘Sjoe Mamma, die tyd gaan so vinnig verby! Doen ek genoeg?’ Hy was verskriklik eerlik en vol empatie, maar het ons ook lekker laat lag. “Jare lank het ek gevrees Kieran sou by ’n krans afval. As hy in ’n rotsagtige omgewing onder my oë uit was, was ek paniekbevange. Origens was ek ’n rustige ma. Sy jonger sussie, Dhania, kon maak wat sy wil. Ek het besef my vrees is irrasioneel en Kieran probeer toelaat om kind te wees.

‘EK HET GEEN VREES MEER NIE’ - Ira

“Ek was in Mpumalanga vir werk toe die ongeluk gebeur. Dit het my sewe uur geneem om by Waldi, Dhania en Kieran se liggaam te kom.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rooi Rose

Rooi Rose2 min read
Wat Jy Moet Weet
Weet onder watter bedeling jy getroud is. Huwelike in Suid-Afrika word deur die Wet op Huwelikseiendom 88 van 1984 gereguleer. Elke persoon wat wil trou, moet voor die tyd besluit of hulle ’n huweliksvoorwaardekontrak wil opstel. Die wet maak voorsie
Rooi Rose2 min read
SWEEF soos ’n AREND
In Griekwastad is jy ’n veroordeelde gesinsmoordenaar. Het dit emosioneel ’n tol geëis? Met die voorbereiding vir die rol het ek gesukkel om op die emosionele vlak van sekere tonele te kom, en dit was vir my moeilik om iemand te speel oor wie ek gee
Rooi Rose6 min read
In Haar Element
Daar het baie water in die see geloop sedert ons Therese Bam as die gefolterde kelnerin Katryn in Jan Scholtz se dramareeks Song vir Katryn leer ken het. Dit was die jaar 2003 en kykNET se amptelike eerste dramareeks. Katryn, ’n kelnerin met ’n donke

Related