Huisgenoot

IN ONGEVALLE TYDENS COVID-19

MENSE moenie op dakke of lere klim tensy hulle ’n harnas of ’n stel vlerke het nie. Dit is dag 13 van die inperking en die aand voor Goeie Vrydag. ’n Vrou bring haar man na die ongevalleafdeling, want hy het die dag deurgebring deur bier te drink en die dak te verf – waarskynlik meer van eersgenoemde as laasgenoemde.

Niemand het die leer vasgehou nie. Dit het omgekantel en hy het grond toe geval. Hy is die ene verf en bier, ’n sneeuwit spatsel op die bed met blou oë en pienk lippe. Die skerp reuk van verf gemeng met dié van bier is eintlik heel aangenaam.

Hy het kwaai pyn oor die linkerkant van sy bors waar hy teen die regop rand van die omgevalde leer te lande gekom het. Ná my ondersoek is ek bekommerd dat lug of vloeistof tussen die verwer se longweefsel en die voering daarvan opgaar. Dit kan gebeur met messteke of geweerskote in die bors, waar lug deur die gat tot in die borsholte gesuig word. Dit kan ook sonder ’n oop wond gebeur as gebreekte ribbes die long deurboor.

Maar die X-straal is normaal. Daar is geen opgegaarde bloed of lug nie en geen gebreekte bene sigbaar nie, sê die radioloog.

Ek stuur die pasiënt ondertoe vir ’n CT-skandering van sy bors. Omdat ek bekommerd is en ’n blaaskans nodig het, stap ek saam en neem die borsdreineringstrollie saam.

Terwyl ek deur die ronde venster by die skandeerder inloer, sien ek die verwer se toestand versleg. Hy raak ál meer

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot4 min read
Suidoosterfees: Kultuur In Die Kaap
Niks soos ’n bietjie humor om jou maagspiere te oefen nie! Die immergewilde FRANK OPPERMAN het oud en jonk laat skater met sy eenmanstuk. Hierin word die reünie van die Hoërskool Totius se 1980-matriekgroep gehou, en elke klasmaat kry ’n beurt agter
Huisgenoot5 min read
Ontwaking Ná Die Ongeluk
DEUR driedekadeshetsy eers as seun, tiener en toe jong man die peperboom se takke ál weier sien sprei voor die Brown-gesin se huis in Duynefontein by Melkbosstrand. Nou, op 38, groet Aurora Brown van die voordeur af, van agter die takke wat byna die
Huisgenoot1 min read
Vyf Kitsfeite Oor Majozi
1 “Ek is ’n koffiesnob, en jy kan met my toor as jy vir my ’n goeie pour-overkoffie maak.” 2 “My grootste guilty pleasure is ’n lekker soet pasteis de nata – die Portugese vla-tertjie.” 3 Hy is lief vir boks, en as hy nie op toer is of besig met musi

Related