So kry ons toe ’n derde baba, ’n boetie vir ons sesjarige Ben en tweejarige Edie.
Ek het geen sê in die saak gehad nie. Dis namens my besluit. Agteraf. In absentia.
Ja, ek en Carla hét ’n keer of wat daaroor gepraat. Iewers in die verlede. Sommer sulke terloopse gesprekke wat niks behalwe spekulasie opgelewer het nie.
Soos: “Miskien moet ons dit oorweeg om ...” Of: “Sal dit nie wonderlik wees as ...”
Maar toe ek my oë uitvee, is hy skielik in ons huis.