Weg!

BRIEWE

Marakele is ’n wonderkuur!

Ek en my man, Juandré, het ’n paar maande gelede na Thabazimbi getrek en ons het met ’n swaar hart ons familie in Hartbeespoort agtergelaat. Maar ons het gou iets gekry om die verlange te stil: Die Marakele- nasionale park is net tien minute se ry ver.

Sou die park ooit pryse vir die mees gereelde besoekers uitdeel, sal ons loshande wen. Ons het vinnig ’n liefde vir voëlkyk ontwikkel en ons lysie staan tans op 110 spesies – kyk net hierdie mooi paradysvlieëvanger! Die voëls het gou familie geword en die berge van Thabazimbi voel nou soos huis.

MARDENE DU TOIT, Thabazimbi

Harties sê nurk!

As jy langs die Hartbeespoortdam bly, hoef jy nie te ver te soek na ’n mooi natuurtoneel nie. In Junie verlede jaar het ek en my vriendin, Esthe Bester (sy het die foto geneem), dié seekoei in

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg2 min read
V & A
DENISCHKA UYS van Durbanville skryf: Ek het hierdie spinnekop in ons tuin gesien. Dit het vir ’n paar dae op dieselfde plek gesit en daar was babaspinnekoppe in kleiner webbe rondom dit. Watter soort spinnekop is dit? Die insekkenner DUNCAN MACFADYEN
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en

Related Books & Audiobooks