Landbouweekblad

Waakoor Wagyu-integriteit

Wagyu is bekend om sy smaaklike vleis wat deur baie tussenspierse vet (marmering) gekenmerk word. Hierdie bedryf groei wêreldwyd met rasse skrede, ook in Suid-Afrika, en baie mense is bereid om duur vir hierdie vleis te betaal.

Mnr. Frans Stapelberg, uittredende voorsitter van Wagyu Suid-Afrika, het op die tweede Wêreld-Wagyukongres gesê telers van Wagyu-beeste is trots dat hulle waarskynlik die beste vleis ter wêreld produseer. Hulle moet egter daarop let dat ander rasse ook vordering met die bemarking van hul vleis toon. Daarom moet volgehou word met ’n rasverbeteringstelsel wat die benutting van genomika en naspeurbaarheid insluit, terwyl goeie kuddebestuur en die etiese hantering van die beeste ook deel van elke teler se mondering moet wees.

Dr. Michael Bradfield, uitvoerende hoof van Wagyu Suid-Afrika, het gesê die genootskap is in 2014 gestig, maar mnr. Brian Angus van Arlington het die eerste Wagyu-embrio’s reeds in 1998 van Amerika ingevoer. Sedertdien het ’n hand vol telers nismarkte plaaslik en internasionaal gevestig. Die genootskap het nou meer as 150 lede met 6 500 geregistreerde diere.

In 2017 is die Certified Wagyu Beef-program begin om die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad4 min read
Onstuimige Tyd Wag Op Landbou In SA
DIE kernboodskap van verskeie sprekers op die kunsmisvereniging van Suid-Afrika (Fertasa) se kongres by Muldersdrift was dat daar moeilike tye vir die landbou voorlê, maar dat daar groot vertroue in die sektor is om dit te kan baasraak. “Daar is baie
Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Dragtige Ankole-koei en haar kalf is vir R1 miljoen verkoop op die nasionale Ankole-veiling wat op 1 Junie op die plaas Phala Phala van pres. Cyril Ramaphosa by Bela-Bela aangebied is. Die koei, LUI 19-006, is deur die Cattle Group Farming van Wal
Landbouweekblad2 min read
Boere En Verbruikers Koop Net Nodigste, Beskerm Kontantvloei
DIE hoofredes waarom TWK se kleinhandel-en-meganisasie-afdeling se ebitda (verdienste voor rente, belasting, waardevermindering en afskrywing) in die ses maande tot einde Februarie vanjaar met 29,69% tot R61,53 miljoen gestyg het, was die verbetering

Related