Landbouweekblad

ONSTUITBARE LANDBOU-INISIATIEF

MNR. HANDRI CONRADIE VAN PRINCE ALFRED HAMLET IN DIE WES-KAAP STAAN AAN DIE STUUR VAN @SOURCE DROËVRUGTE, ’N MAATSKAPPY WAT ’N VERSKEIDENHEID DROËVRUGTE VIR KETTING- EN NISWINKELS VERWERK EN VERPAK.

WATTER GROOT LANDBOU-INSIG HET JOU AANSLAG VERANDER?

Jy kan nie net tot by jou plaas se hek boer nie. Jy ding nie met jou buurman mee nie, maar met ’n hele globale voedselketting.

WAT IN DIE COVID-19-JAAR HET JOU VERRAS?

Daar was groot struikelblokke in die bedryf, maar die vraag na gesonde produkte met ’n relatief lang raklewe was baie sterk. Gevolglik het ons een van ons beste jare nóg gehad, wat vars asook droëvrugte betref.

GAAN JY VANJAAR ANDERS AANPAK MET 2020 SE LESSE IN AG?

Ons het nie net lesse uit Covid-19 geleer nie. Ons as mense is aanpasbaarder en veerkragtiger as wat ons onsself krediet gee. Die neigings wat ons in 2020 gesien het, gaan waarskynlik nog ’n tyd lank voortduur. Ons sal dus hou by ons wedstrydplan.

WAT IS DIE GROOTSTE FOUT WAT JY AL GEMAAK HET, EN HOE HET JY DIT REGGESTEL?

Om nie die belangrikheid van kapitaalvorming vroeg genoeg te besef nie. Dit kos tyd om ’n sterk balansstaat te bou.

WATTER NEIGINGS IN JOU BEDRYF GAAN DEURSLAGGEWEND WEES IN 2021?

Gedurende die pandemie was daar ’n groot skuif terug na basiese stapelvoedsel. Enigiets wat as belangrik beskou word vir die opbou en onderhou van ons immuunstelsel, soos groente en vrugte, is nou in aanvraag. Naspeurbaarheid is lankal nie meer onderhandelbaar nie en handelsmerke wat deursigtig is en vertroue by verbruikers inboesem, sal net nóg sterker word.

Mense raak al hoe gemakliker met aanlyn inkopies, selfs vir voedsel. Tesame met die gesofistikeerdheid en reikwydte van plaaslike koeriers is dit iets wat waarskynlik gekom het om te bly.

WATTER TEGNOLOGIE MAAK DIE GROOTSTE VERSKIL, OF SAL IN DIE TOEKOMS ’N GROTER ROL IN JOU BESIGHEID SPEEL?

Kamerategnologie en daarmee saam die infrastruktuur en spoed en kapasiteit van inligtingverwerking vorder baie vinnig en het wye toepassing. Voorbeelde hiervan raak ál belangriker in vrugtesortering en -verpakking, hommeltuie, presisieboerdery, sekuriteit en nog vele meer.

Die grendeltyd het aanlyn vergaderings die norm gemaak wat baie reistyd en -koste bespaar. Die wêreld het skielik nog ’n bietjie kleiner geword.

WAT IS JOU WAARNEMINGS RONDOM KLIMAATSVERANDERING?

Ons het waarskynlik meer natuurrampe en uiterstes beleef in die jongste 20 jaar as in die 40 jaar voor dit. Maatreëls om nat en droë siklusse te oorbrug, raak belangrik. Druk op waterbronne word verder aangedryf deur bevolkingsgroei, verstedeliking en die onbeholpenheid van die regering om die skaars hulpbron doeltreffend te bestuur.

WAT IS DIE GROOTSTE STRUIKELBLOK VIR WINSGEWENDHEID IN DIE DROËVRUGTEBEDRYF?

Droëvrugte ding mee met ander gewasse wat winsgewender en mededingender is (appels, pere, steenvrugte, sitrus, bessies) vir die beskikbare grond en water in die Wes-Kaap. Die aantal produsente wat bereid is om met droëvrugte te boer, word nie meer nie. Die toetreding-struikelblokke is hoog en as ’n produsent eers opgehou het met sy droëry, sal hy dit nie weer begin nie, al word die bedryf mededingender.

Die rosynebedryf beleef die afgelope paar jaar sterk groei in produksie, wat weer

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter

Related