Landbouweekblad

ONBLUSBARE INISIATIEF

ABRIE BEESLAAR, WYNMAKER BY KANONKOP, IS AL DRIE KEER AANGEWYS AS DIE WÊRELD-WYNMAKER VAN DIE JAAR.

WATTER GROOT LANDBOU-INSIG HET JOU AANSLAG VERANDER?

Die besef dat jy deel is van die internasionale speelveld. Jy moet dus wyer kyk as net jou onmiddellike omgewing as jy regtig suksesvol wil wees. Dit is maklik om in jou omgewing klein volumes te maak, maar baie moeiliker om ’n internasionale aanslag te hê.

HET DIE COVID-19-JAAR JOU VERRAS?

Die buiteland se gunstige sentiment teenoor Suid-Afrikaanse wyne het my verras. Die #SaveSAWine-veldtog het baie beteken vir baie kelders. Nog iets wat my verras het, was die plaaslike ouens se kreatiwiteit om die bedryf aan die gang te hou in dié moeilike jaar.

GAAN JY 2021 ANDERS AANPAK MET 2020 SE LESSE IN AG?

Ek dink ’n mens moet baie elasties wees sodat jy kan aanpas by enige omstandighede. Die pandemie het weer vir ons gewys hoe vinnig goed kan verander. In sulke tye veral moet jy moeilike besluite kan neem om jou besigheid so gesond as moontlik te hou. Ek het gesien die ouens wat beter af is, is die-gene wat nie jaar in en jaar uit dieselfde resep of patroon vir hul besighede volg nie.

WAT IS DIE GROOTSTE FOUT WAT JY AL GEMAAK HET, EN HOE HET JY DIT REGGESTEL?

Een van die dinge waaroor ek nogal spyt is by Kanonkop, is dat ons ’n spesifieke blok wingerd oos-wes geplant het op aandrag van ’n konsultant, terwyl ons dit eintlik noord-suid moes plant. Dis ’n fout wat 20 tot 30 jaar lank my in die gesig gaan staar. Elke keer as ek deur die wingerd stap, raak ek weer kwaad vir myself. Ons probeer nou aanpassings maak, maar dis eintlik net skadebeheer. Maar die harde lesse laat ’n mens beter besluite neem. Soms is dit goed om dié lesse vroeg te leer, sodat jy versigtiger sal wees in die toekoms.

VOORSPELLINGS VIR 2021?

Wyn van middelmatige gehalte gaan nie aftrek kry nie. Produsente gaan waarskynlik toenemend wegbeweeg van wyndruiwe vanweë die volumes en boonop is die opbrengs op jou belegging net te laag met wyndruiwe. Daar gaan baie druk wees op primêre produsente om te diversifiseer, want daar is ander landbourigtings wat meer geld gaan maak as wyndruiwe. Ons bedryf gaan dus verder krimp ten opsigte van volume, maar dit sal veroorsaak dat ons meer op gehalte klem lê.

WATTER TEGNOLOGIE MAAK DIE GROOTSTE VERSKIL OF VERWAG JY OM VORENTOE ’N GROTER ROL TE SPEEL?

Die tegnologie wat by ons ’n groot verskil gemaak het, en vorentoe waarskynlik meer gaan ontwikkel, is die sortering van druiwe. Ons boer in ’n land waar die oes baie onegalig en ongelyk kan wees, daarom kan ’n sorteringsaksie baie waarde toevoeg wat gehalte betref. Ek dink daar is nog net vyf tot tien optiese sorteerstelsels in die bedryf.

WAT IS JOU WAARNEMINGS RONDOM KLIMAATSVERANDERING?

Toe dit erg droog en warm was, het ek gesien hoe ongelooflik vinnig ons wingerde op die plaas aanpas by die omstandighede. Binne ’n seisoen of twee was die korrels en trosse kleiner. Een ding waaroor

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred
Landbouweekblad1 min read
Algehele Uitverkoping Van Kyksim Simmentalers
Uitstekende beeste en teelmateriaal is op die algehele uitverkopingsveiling van Kyksim Simmentalers van Berrie Botha aangebied. Die veiling is op 13 April in die Outeniqua-veilingskompleks in George. Altesaam 115 diere is aangebied. Die hoogste prys
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding

Related