Landbouweekblad

‘Kan nie’ is ’n mite

BRAD O’NEILL

Mnr. Brad O’Neill boer met suikerriet by Richmond en was verlede jaar Kwanalu se Jongboer van die Jaar. Hy is by die georganiseerde landbou betrokke en is lid van Kwanalu en die Richmond-brandbeskermingsvereniging, en dien ook in die komitee van die Richmond-landbouvereniging en die Middelland-Suid se suikerrietplaag-en-siektekomitee.

Wat het die afgelope jare jou aanslag verander?

Die baie moeilike ekonomiese toestande en onstabiele wêreldwye suikerprys, tesame met die ongunstige weerafwykings die afgelope jare, soos droogte, ryp, hael, swaar reënval en sneeu, het my gedwing om sekere veranderinge aan my benadering te maak. Volhoubaarheid is ’n sleutelpunt, met minder meganiese bewerking, langer braaktydperk en groenbemesting.

Jaar twee van covid-19 . . . Wat het jy anders aangepak?

Die onsekerheid wat uit die covid-19-pandemie voortgespruit het, was die moeilikste tydens die inperking. Ons het probeer om ’n optimistiese uitkyk te behou en dit het op sy beurt ons personeel hoopvol gehou. Ons was gelukkig dat ons tydens die pandemie kon voortgaan om te boer en ons kon die meeste van ons oes aan die meule lewer. Die vervoer van ons werkers na en van die werk was ook kommerwekkend. Maar gelukkig het ons ’n gelisensieerde werknemer met haar eie voertuig wat ons personeel te midde van strenger covid-19-protokolle kon vervoer.

Wat was jou grootste boerderyfout?

Ek het ’n vennootskap op ’n huurplaas aangegaan. Vanweë verskille in bestuurstyl is ons gedwing om dit te beëindig.

Wat is die grootste struikelblokke in jou bedryf?

Die stygende koste van brandstof en kunsmis is ’n probleem. Ons monitor die dieselverbruik fyn, en kunsmis word presies toegedien om die verlangde opbrengs te behaal.

Watter tegnologie het ’n impak op jou boerdery?

Deur hoëtegnologiestelsels kon ons meer presies word in ons kunsmis- en chemikalietoedienings. Dit help natuurlik om koste te verminder. Waar ek voorheen ’n helikopter of vliegtuig gebruik het, help hommeltuie nou met die rypmaak van suikerriet, wat akkuraatheid en doeltreffendheid verbeter het.

Hoe oorkom jy Suid-Afrika se kragprobleme?

Die onbetroubare voorsiening van elektrisiteit was ’n struikelblok, veral met daaglikse administratiewe werk. Ons het in ’n groot kragopwekker belê om dinge glad te laat verloop.

Mentor jy iemand?

Ek het verskeie voorheen benadeelde kleinboere gehelp en raad gegee wanneer nodig. Ek het ook ’n paar studente gehelp wat werkservaring en praktiese kennis nodig het. Verder het ek een van my hoofwerknemers bygestaan om sy eie arbeidskontrakteringsbesigheid te begin. — LLOYD PHILIPS

ILSE TRAUTMANN

Dr. Ilse Trautmann, adjunkdirekteur-generaal vir navorsing en regulatoriese dienste, Wes-Kaapse departement van landbou.

Watter landbou-insig of mentor het jou

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
Pryse Bestendig
Die mark bly stabiel. Warmer weer en goeie reën help om weiding te verbeter. BKB verskaf die Wes-Kaapse pryse. Besoek vleisprys.co.za vir Noord-Vrystaatse pryse.
Landbouweekblad8 min read
Plaasverkope
LUIPAARDSVLEI (246), 26 ha, aan die Republiek van Suid-Afrika, van Bosasa Prop (Edms.) Bpk., R69 000 000. VORSTERSKRAAL (669) , 656 ha, aan JJ van Niekerk-trust, van Tygerfontein Boerdery (Edms.) Bpk., R12 775 000. HONINGKLIP (178), 21 ha, aan Multi
Landbouweekblad1 min read
Nasionale Veiling 2023
Die hoogtepunt van die jaar bly maar die Algemene Jaarvergadering, dinee en dan die Nasionale Veiling. Die Algemene Jaarvergadering was baie goed bygewoon deur ons telers. Daar is belangrike punte behandel, groot besluite is met deursigtigheid en goe

Related