SARIE

2020 vs 2021

2020’n Jaar wat die mensdom nog lank nie gaan vergeet nie.

’n Jaar waarin ’n virus binne ’n oogwink die wêreld oorgeneem en mense na binne gedwing het, waarin ekonomieë en derduisende ondernemings, groot en klein, in duie gestort het en huwelike, vriendskappe en gemoedere tot die uiterste getoets is.

Maar tog was dit ook ’n jaar waarin die natuur ’n baie nodige blaaskans gekry en gefloreer het, gesinne kon meer tyd saam deurbring, en oral het mense klein plesiertjies soos broodbak en tuinmaak herontdek.

Dit was die jaar waarin prins Harry en Meghan Markle, hertog en hertogin van Sussex, teruggestaan het as senior lede van die Britse koningsgesin. Megxit, soos die sage gedoop is, het byna netsoveel aandag gekry soos die planne rondom Brexit – Brittanje se veelbewoë wegstap van die Europese Unie.

Dit was die jaar waarin die Olimpiese Spele uitgestel is en die Oscars nie ’n aanbieder gehad het nie. Waarin talle toekenningsaande aanlyn gehou is. Waarin die Suid-Afrikaans gebore miljardêr-entrepreneur Elon Musk byna meer in die nuus was oor sy kind se vreemde naam (X Æ A-12) as sy planne om mense op Mars te sit, en die komediant en TV-persoonlikheid Ellen DeGeneres, eens almal se liefling, voor stok gekry is oor die toksiese werksomgewing op

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE1 min read
Woondinge
SIEN KOOPGIDS OP BL. 143 ■
SARIE1 min read
Modedinge
Loopplankfoto’s Getty Images, produkfoto’s verskaf* Produkpryse is voorgestelde pryse en kan verskil van winkel tot winkel ■
SARIE1 min read
Leef Binne Na Buite
Marcus se huis is soos ’n treinstasie met ’n vloei van mense wat gou kom inloer, maar toe die huis in aanbou was, het hy ’n frons of twee van die plaaslike inwoners gekry. As argitek wou hy hê die huis moet sy opleiding in die modernistiese styl weer

Related