Huisgenoot

Braaibroodjies soos Jan dit maak

BILTONGBRAAIBROODJIE

LEWER 6 BRAAIBROODJIES

BEREIDING: 15 MIN.

BRAAI: 8-10 MIN.

▸ botter of olyfolie
▸ 2 rooi-uie, gesny
▸ 1 sopie sagte bruinsuiker
▸ 1 sopie balsemieke asyn
▸ 200 g (ongeveer 1 k) biltong
▸ 12 snye brood
▸ gewone roomkaas (1 houer is genoeg)
▸ 240 g cheddar, gesny of gerasper

1 Verhit die botter of olie in ’n pan oor die vuur en braai die uie tot sag. Giet die suiker en asyn by en laat prut 15-20 min. oor ’n lae hitte tot die uie soet en taai is. Laat eenkant afkoel

2 Gebruik jou aggressiefste, grootste, skerpste mes om die biltong fyn te kap. As jy nie ’n mes het wat by dié beskrywing pas nie, koop een.

3 Bou die braaibroodjies: Botter of olie elke sny brood aan die een kant. (Dis die kant wat buitentoe sal kyk wanneer jy die braaibroodjie aanmekaargesit het.) Sit die helfte van die snye brood op hul botterkante neer en smeer die roomkaas op. Skep ’n lagie gekaramelliseerde uie op en strooi die biltong oor, gevolg deur die cheddar. Bedek met die oorblywende snye brood – met die botterkante bo.

4 Braaibroodjies is draaibroodjies. Jy moet braaibroodjies gereeld omdraai, en jy braai hulle in ’n toeklaprooster. As jy nie een het nie, koop een – verkieslik ’n verstelbare rooster sodat jy elke broodjie reg kan vasknyp. Jy wil matige hitte hê en die rooster moet taamlik hoog bo die kole wees. Jou doelwit is om die kaas gesmelt en die res van die vulsel lekker warm te hê teen die tyd dat die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot4 min read
’n Blok Vir Sports Op 50
DALK onthou jy nog die soort speelgoed wat jou laerskoolvriende pouses uitgehaal het. Van yo-yo’s tot albasters was deur geslagte algemeen en enigiemand kon daarmee speel. Maar daar is een speelding wat net deur ’n uitgelese groepie kinders baasgeraa

Related