SARIE KOS

VAT KORTPAD

Bolognesepizza

(bl. 102) Ek gebruik gekoopte winkeldeeg en bolognesesous om die pizza gou-gou aanmekaar te slaan. genoeg vir 4

1 kg-sak winkeldeeg
meel vir uitrol
600 g gekoopte bolognesesous
250 g-houer roomkaas

Verhit oond tot 220 °C. Verdeel deeg in vier dele en rol in sirkels van sowat 5 mm dik op meelbestrooide werkvlak uit. Plaas vier oondvaste bakkies onderstebo op ’n bakplaat. Spuit bakkies en bakplaat goed met kleefwerende kossproei. Plaas deegsirkels bo-oor bakkies sodat die deeg wat oorhang, eweredig op die bakplaat rus. Bak vir 15-20 minute of tot goudbruin. Laat afkoel en haal broodbakkies versigtig af. Verhit bolognesesous in middelslagpot. Plaas broodbakkies op dienbord en skep roomkaas in elkeen. Verdeel warm sous tussen bakkies en sit voor.

DIE KORTPAD

1 AILIGHBLBLINL

Vir Italiaanse lekkerte wat jou lewe makliker maak, gaan kyk by die pastarak van jou supermark vir Ina Paarman se sakkies klaargemaakte bolognesesous. Dis so geurig, niemand sal weet jy het kortpad gevat nie. Sowat R50 vir ’n 600 g-sak

Viskoekiegebak met groenslaai

(bl. 102) My ma het soms vir ons so ’n visgebak met kapokaartappel en witsous gemaak, maar vir somer sit

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE KOS

SARIE KOS8 min read
• HERMAN PROE THAISE PERFEKSIE • KOSTEATER VAN STORIES EN SMAKE WÊRELDKLAS in Bangkok
’nKoservaring in Thailand is vinnig besig om die gewildheidsleer te klim op die fynproewerstoneel. Vir lank het die wêreld Frankryk as die geboorteplek van goeie kos beskou, wat natuurlik waar is, maar nou draai ons ons oë ook na die Ooste. Dalk is d
SARIE KOS1 min read
Sarie Kos
REDAKSIONELE SPANREDAKTEUR Michélle van BredaKOSREDAKTEUR Herman Lensingherman.lensing@sarie.comSKRYWER Lydia van der MerweSKRYWER Marzanne Schoeman 060 904 5090ONTWERPDIREKTEUR Anel StapelbergTEKSREDAKTEURS Natasja Lochner & Anine CapraroREPRODUKSIE
SARIE KOS2 min read
DIE ROMERIGE GROEN LEKKERTE Avokado
● 3 resepte met avokado ● Perfek vir ontbyt ● In ’n lekker sous vir steak My kosheld het hierdie gereg een aand op TV gemaak en ek het in verwondering toegekyk. Ek moes dit net probeer. Die kors met avokado pleks van botter gaan jou hart oorrompel.

Related