DINK AAN ONS TYDENS VLAK 1
VLAK 1.” Dis net twee woordjies, maar ’n warboel emosies lê daarin opgesluit.
As ’n land het ons ses bitter swaar maande beleef sedert die begin van die inperking. Om die infeksie- en sterftekoers te bekamp het ’n groot tol geëis.
Om van familie, vriende en kollegas geskei te wees was emosioneel uitmergelend. Daar was die pyn om nie langs geliefdes se sterfbed te kon wees nie. Ons kon nie mylpale soos troues, geboortes en verjaardae saam vier nie.
Kinders was maande lank nie op skool nie; ondernemings moes op ’n streep sluit. Miljoene mense het hul inkomste weens die verlamming van die ekonomie verloor.
Die inperking het groot swaarkry gebring, en daardie swaarkry sal nog lank voortduur omdat ons ekonomie jare sal neem om te herstel.
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days