Rooiborslaksman
Andries gryp sy geweer.
“Kahimemua gaan Gobabis aanval, Jonas. God sy dank, jou pa het geweier om die ammunisie en gewere af te staan. Gaan waarsku hom terwyl ek die kerkklok lui.”
Tweeuur die middag is tien waens, oorlaai met vrouens, kinders en bagasie, gereed om te vertrek. Hulle moet so gou moontlik by Hoachanas kom waar hulle onder die beskerming van die kaptein van die Rooivolk sal wees. Daar sal Kahimemua dit nie waag nie, want die Rooivolk sal dit as ’n oorlogsverklaring beskou.
“Hou aan tot dit te donker is om te sien,” gee Andries bevele. “Laat die osse sommer in die juk slaap, ingeval julle skote hoor en dadelik moet padgee. Met donkermaan gaan dit ’n neukery afgee as daar ingespan moet word. Geen vure nie; hoe donkerder die nag, hoe verder sien mens ’n lig.”
“Maar ons moet tog eet,”
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days