Kuier

RASSEHERRIE KRING UIT…

On my kontrei het die ou mense altyd gesê: as die granaat bars, dan peul die pitte uit. En met die Black Lives Matter (BLM)-drama wat tot uitbarsting in Suid-Afrikaanse sport gekom het, word die ongelykhede en die stiefbehandeling van veral swart sportlui in die openbaar aan die maspaal vasgespyker.

Die BLM-beweging wat ontspring uit die lendene ná die dood van die Amerikaner George Floyd, het soveel emosie wêreldwyd losgemaak. Pleitend het hy sy laaste woorde geroggel:“Asseblief, ek kan nie asemhaal nie.”’n Moord wat regstreeks op sosiale media die wêreld ingestuur is.

Dit het gelei tot grootskaalse protes in Amerika en Brittanje en het later ook tot ander lande uitgekring. Miljoene mense het sy dood allermins as ’n blote ongeluk gesien. Vir hulle was dit moord in die eerste graad. Amerika het begin brand en winkels is gestroop en geplunder. Betogers moes met lemmetjiesdraad van die Withuis teruggehou word, maar die konserwatiewe aanhangers van pres. Donald Trump van Amerika het onomwonde verklaar dat teen die“boewe” opgetree moet word, met ander woorde skop-skiet-en-donner die BLM-aktiviste.

Dit was net ’n kwessie van tyd voor die BLM-beweging sou oorspoel na Suid-Afrika, want sportsterre van regoor die wêreld het ook hul stemme ten gunste van BLM laat opklink. Soveel te

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier1 min read
Kuier
REDAKTEUR Lara Atson KUNSREDAKTEUR Selina Petersen ARTIKELREDAKTEUR Edna Ellman SUBREDAKTEUR Michelle Linnert Jansen TV-SKEDULES Kashief Achmat INTERN Mary Martin MEDEWERKERS Zaida Swart, Haidee Muller-Isaacs, Maretha Botes, Enrico Claassen, Chrislyn
Kuier3 min read
Vra Dr. Jolene
Wat's PMDD en PMS? Dok, ek het nog altyd met vreeslike mood swings rondom my period gesukkel, en by tye voel dit selfs soos depressie. Ek het onlangs gelees daar is iets soos premenstrual dysphoric disorder (PMDD). Wat is dit, en hoe verskil dit van
Kuier1 min read
Arendsvlei Toets Jou Kennis
1 In watter jaar het die sepie sy debuut gemaak? 2 Janice is nou die eienaar van Mortlocks, maar aan wie het dit eers behoort? 3 Wie is die pa van Wendy se dogter, Debra? 4 Watter Galant woeker ook agter die skerms as regisseur? 5 Watter veteraanaktr

Related