Huisgenoot

Lensielekkerte

DIE veelsydigheid van lensies verbaas my ál meer, veral noudat dit ’n groter deel van my eetpatroon geword het. Selfs my man, wat van sy vleisie hou, geniet dié geregte. Lensies is beslis my gunstelingpeulgroente. Dis maklik om gaar te maak, jy hoef dit nie te week nie en dit gaan ook nie gepaard met die opgeblasenheid of ongemak wat bone soms kan veroorsaak nie.

Dit is boonop supervoedsaam – lensies het die derde hoogste proteïeninhoud van al die peulgroentes, en die hoë veselinhoud help met die verlaging van cholesterol, voorkoming van hartvatsiektes en die stabilisering van bloedsuikervlakke. Dit help ook met goeie spysvertering, en danksy ’n lae kilojoulewaarde en geen vet nie is dit die ideale dieetkos.

LENSIEGROENTETERT

’n Tortilla staan in as tertkors vir dié gereg.

GENOEG VIR 4 MENSE

BEREIDING: 20 MIN.

GAARMAAK: 40-50 MIN.

60 ml (¼ k) olyfolie3 knoffelhuisies, fyngedruk15 ml (1 e) fyngerasperde gemmer10 ml (2 t) fyn kaneel10 ml (2 t) fyn komyn5 ml (1 t) fyn koljander5 ml (1 t) fyn vinkel500 ml (2 k) botterskorsieen patatblokkies1 ui, in wiggies gesny1 rooi soetrissie, ontkern en in blokkies gesny (opsioneel)4 x 250 ml (4 k) swart-of bruinlensies, saggekook2 suurlemoene se sap en skil20 g elk gekapte ment, pietersielie en koljanderblare125 ml (½ k) gerasperde cheddarkaas of geroomde maaskaas1 groot tortilla3 eiers, geklits

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot4 min read
’n Blok Vir Sports Op 50
DALK onthou jy nog die soort speelgoed wat jou laerskoolvriende pouses uitgehaal het. Van yo-yo’s tot albasters was deur geslagte algemeen en enigiemand kon daarmee speel. Maar daar is een speelding wat net deur ’n uitgelese groepie kinders baasgeraa

Related Books & Audiobooks