Huisgenoot

BETAAL OM GRÓÓT TE BLY

SY HET ’n fortuin verdien deur karakters soos Fat Amy in die fliekreeks Pitch Perfect te speel – groter as lewensgroot mense wat jou laat skaterlag terwyl hulle met hulself spot sodat ander dit nie eerste doen nie.

Haar grootte en houding het haar status as een van Hollywood se skitterendste komediesterre help versterk – en die glinsterstad se winsbehepte base het dit alte goed besef

Die aktrise Rebel Wilson het onlangs bekendgemaak sy is selfs betaal om haar kurwes te behou. Dat sy plusgrootte in ’n see van skraal sterre was, het gehelp om haar rolprente in loketgoud te omskep.

Kykers wou iemand sien wat nie net in hul vel gemaklik lyk nie, maar dit boonop geniet om groter te wees.

Haar grappe, dikwels ten koste van haarself, het in rolprente (2011) en (2016) die kollig gesteel. In (2012) was sy die een wat haar mond volgeprop en in sjoebroeke en stywe tops lyf gewys het.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot4 min read
’n Blok Vir Sports Op 50
DALK onthou jy nog die soort speelgoed wat jou laerskoolvriende pouses uitgehaal het. Van yo-yo’s tot albasters was deur geslagte algemeen en enigiemand kon daarmee speel. Maar daar is een speelding wat net deur ’n uitgelese groepie kinders baasgeraa

Related