Huisgenoot

‘WAAR IS ONS BELONINGS?’

JA, HY sien hoe mense in die sosiale media spog hulle maak groot geld uit dié opspraakwekkende plan wat die afgelope tyd amper so vinnig soos die coronavirus deur die land versprei – en dít in ’n tyd dat inperkingsmaatreëls weens die covid-19-pandemie baie mense van hul inkomste beroof.

Maar dit alles maak Jason Pieterse (’n skuilnaam), ’n verkoopsman met ’n vrou en drie kinders op ’n afgeleë Noord-Kaapse dorpie, net moedeloos.

Want terwyl bekendes onlangs aan Huisgenoot vertel het hulle skep as’t ware pap terwyl dit reën, wag hy nou al maande lank op sý “groot betaaldag” nadat hy geld in die omstrede Crowd1-plan gestort het.

“Ek het sedert Desember al R5 500 ingesit,” vertel Jason. Maar op 15 Junie – toe Crowd1-beleggers glo hul kwartaallikse uitbetalings vir hul bonuspunte sou kry – het Jason net R27 teruggekry. “Dis dít …” sê hy gefrustreerd.

Die selfoonsein is swak, maar dit klink kompleet of Jason in trane wil uitbars. Want soos baie mense wat vir Crowd1 gewerf is, kan hy allermins bekostig om geld in die water te gooi.

“Ek gaan nie vir jou lieg nie. Ek het … Ek het nou eers twee weke gelede weer begin werk. Ek en my gesin het op my geleef,” vertel Jason.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot1 min read
Span Jou Mikrogolfoond In Vir Meer
Voor jy uie begin kap, sny die punte weerskante af en plaas dit 30 sekondes in die mikrogolfoond. Dit haal die brand uit die sap en keer dat die trane sal loop wanneer jy dit sny. Knoffel sal makliker skil as jy die hele knol 15 sekondes in die mikro
Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie

Related