Huisgenoot

IN GESPREK MET AL DIE NAOMI’S

DIS een van die lekkertes van die werk. Ná meer as drie dekades in die modebedryf het Naomi Campbell al elke gesondheids- en skoonheidsproduk beproef – maar daar’s net een waarsonder sy nie kan klaarkom nie.

“Dettol!” sê die Britse supermodel in daardie onmiskenbare heuningagtige rasperstem oor die foon vanaf New York. Hulle ken dit nie in die Groot Appel nie, sê sy. “Maar ek het met Dettol grootgeword. Dettol is deel van my lewe!”

Sy dink terug aan haar kinderjare in Londen. “Wanneer ek ná skool by die huis gekom het – ek was in ’n teaterkunsskool – moes ek my leotard en balletkouse elke dag was en ophang om droog te word.”

Ek probeer my indink hoe klein Naomi met haar skoongewaste leotard die ikoon geword het wat ons vandag ken. Sy is een van die oorspronklike supermodelle wat in die laat 1980’s op die toneel verskyn en ’n splinternuwe sinergie van mode en hoofstroomkultuur gebied het. Sy, Cindy Crawford, Linda Evangelista, Christy Turlington en later Kate Moss.

As muse vir mense soos die modeontwerper

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Wat is dit wat van lasagne lasagne maak? Dié gewigte vraag is vandeesweek geopper toe ons die kosblaaie moes versorg. Kan Huisgenoot in alle erns voorgee ’n bak vol doughnuts (sien bl. 29) kan deel wees van die versameling dinge wat ons lasagne noem?
Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Marguerite Van Eeden
Wat is geluk vir jou? ’n Lekker Vrydagaand by die huis met pelle, my kêrel (nou haar man!), my ouers en ’n bietjie braai. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Fotografie. Ek hou baie van troues afneem. Waaroor is jy spyt? Ek probeer om nie spyt te

Related