Vrouekeur

Van huiswerker tot SALONEIENAAR

As sy die telefoon in haar stylvolle salon in Mayville Mall beantwoord, klink sy so Afrikaans soos braaivleis en Sarie Marais. Kom die mense dan vir die eerste keer by die salon aan, is hulle verstom dat Martha Mashangani (62) ’n Sjangaan is.

Sy lag lekker as sy vertel: “Hulle verwag om ’n wit Afrikaanse vrou aan te tref en hul monde val omtrent oop as hulle my met ’n ‘Hello, how are you?’ groet en ek antwoord: “Goed en self?” Dan sê hulle: ‘Haai, maar jy is dan Afrikaans.’”

Hier so skuins ná die apartheidsdae was daar ’n paar “ooms” en “tannies” wat bietjie skepties was oor die feit dat hulle hul kapsels aan ’n swart vrou moes toevertrou. Hulle het gedink dat sy net daar is om hare te was, vertel sy geamuseerd.

Maar as hulle egter eers by “Marthatjie” was, laat hulle niemand anders meer met skêr

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Vrouekeur

Vrouekeur1 min read
Diere Onder Die Son!
Pikkie is ’n pou met die pragtigste vere. “Kyk net hoe pronk ek,” sê Pikkie. Kleur die rooster volgens die nommers in om te sien hoe Pikkie pronk.
Vrouekeur3 min read
VRIENDSKAP Se Prys
In die tyd toe besoekers ons dorpie tydens vakansietye oorval het, was al ons gastehuise vol bespreek. Daar was besoekers wat met viertrekke (of selfs peperduur bergfietse) Gamkaskloof toe gery het. Die hoofstraat was sulke tye dan besiger as Sandton
Vrouekeur3 min read
Die Belangrikste Boek
Ds Janine Bevolo-Manders is verbonde aan die Nederduitsch Hervormde Kerk Witfontein in Pretoria-Noord en is al 20+ jaar ’n predikant Die maatskappy Fedex het ’n advertensie gehad wat hulle op die fliek Castaway geskoei het. In die fliek is Tom Hanks

Related